Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 24th January 2025

Kweek drome, oes sukses met New Holland-hooitoerusting!

628 words

IMG_008

Top hoëdigtheidbale

‘n Rewolusionêre stap in baaltegnologie en baaluitnemendheid in die hoëdigtheidbaalsegment, stel New Holland BigBaler 1290 High-Density in staat om bale met tot 22% meer digtheid as standaard konvensionele balers te produseer. Dit sorg vir meer doeltreffende logistiek en vervoer–ideaal vir professionele baalkontrakteurs en baalhandelaars.

Tydens 2024-balertoetse teen ander vervaardigers, het die BigBaler 1290 High-Density die eerste plek behaal deur die swaarste lusernbaal te produseer met gemiddeld 735 kg teen 12% vog en 80% digtheid. Danksy die baler se kort en smal trekstang en nie-weerkaatsende geel kleur, het die operateur uitstekende sigbaarheid van die 2,35 m opteller wanneer daar gebaal word. Vir hoogs doeltreffende gewasverwerking het jy die opsie van òf die CropCutter™-stelsel wat ‘n beheerde snyaksie en voortreflike snywerkverrigting deur die sny van enige vrag waarborg, òf ie hoëkapasiteit Packer vervaardig met swaardienskomponente om duursaamheid te verseker en om by die baler se hoë deursetvermoë aan te pas.

Die bekroonde SmartShift™-ratkas beskik oor tweespoed-inskakelingstegnologie vir gladder balerinskakeling, wat beteken dat jou trekker se dryflyn altyd beskerm word tydens balerinskakeling. Die vliegwiel is ook swaarder as BigBaler Plus-modelle, en het ‘n 16% groter deursnee van 1 080 mm wat teen 1 440 opm loop.

Hoër spoed vermenigvuldig met ‘n groter vliegwiel lewer 230% meer energie as die BigBaler Plus-modelle. Met die Loop Master™-knooptegnologie is die tweede knoop nou ‘n lusstyl, wat 37% sterker is as ‘n standaard-knoop. Dit lei tot ‘n verhoging van tot 26% in algehele treksterkte vir verminderde breekskade. Belangriker nog, dit skakel touafval uit – wat tans in die lande gelaat word en selfs in voer kan beland. Dit bied ‘n kostebesparing van meer as ses kilometer of 46 kg tou in ‘n seisoen van 10 000 bale. Die gebruikerskoppelvlak op die IntelliView™ IV-kleur-aanraakskerm stel die operateur in staat om die hooffunksies vanaf die skerm te beheer, insluitend spesifieke, direktetoegang ‘aksie’-knoppies, wat gebruik kan word om kenmerke soos baaldigtheid, baallengte en aftakkeraanskakeling te beheer.

Die BB 1290 HD is ook toegerus met ‘n stuurbare tandem-as en hidrouliese vering.Ook ingesluit is die ActiveWeigh™-skaalstelsel en Rub Pad-vogmeetstelsel.

Oorspronklike vernuwing

Die BC5060 en Hayliner 275 klein vierkantbalers laat jou toe om met selfvertroue te baal deur die beproefde syvulstelsel. Die baler strek van die trekker se regterkant om maklike monitering van die materiaaltoevoerproses moontlik te maak. Met die kategorie 6-dryflyn en hoë-energie 112 kg vliegwiel is die baler gebou om te hou en om die
hoogste moontlike kapasiteit te verseker. Die BC5060 is toegerus met ‘n 1,8 m opteller en die Hayliner 275 met ‘n 2 m opteller, wat 460 x 360 mm-grootte bale produseer.

Bewese eenvoud

Die Roll-Bar 125-vastekamerrondebaler bied getoetste eienskappe van eenvoudige betroubare dryflyne, maklike instandhouding en gewasbuigsaamheid wat oor die jare verbeter is om aan die behoeftes van vandag se boerderybedrywighede te voldoen.

Uitstekende baalvorming van alle gewasse word verseker deur ‘n vloerroller en ‘n beginroller, tesame met staal-rotasiestawe wat vroeë baalkernvorming en ‘n positiewe rolaksie van alle gewasse in alle toestande tot gevolg het. Die baler kan ‘n baal van 1,25m in deursnee en 1,2m breed produseer met ‘n sagte kern om deurlugting te verseker.

Uitmuntende skyfsnyers en skyfsnyer-kneusers

Die DuraDisc™ 210-skyfsnyer sny ‘n baan van 3,2m en tesame met die Mowmax I™-skyfsnyerstelsel en -tafel vering word ‘n spoed van 8 tot 11 km/u handhaaf. Die gewilde 313- en 316-spilpuntskyfsnyer-kneusers sny onderskeidelik
4 en 5 m breed. Die gepatenteerde Mowmax II™-skyfsnyerstelsel is sowel duursaam as maklik om te onderhou.
Die Shockpro™-nawe absorbeer enige impak of obstruksies om die snykomponente te beskerm. ‘n Stukkende ringrat of snylemme kan gou-gou in die land vervang word.

Die rubber-kneuserrollers is verstelbaar afhangende van die materiaal wat gesny word en druk wat toegepas moet word vir die beste kneus profiel.

Vir meer inligting, kontak jou naaste New Holland-handelaar, skakel Derrick Coetzee by (+27)82-524-7447 of besoek die webwerf by www.newholland.com/za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0