Categories: Artikels, Vee en WildPublished On: 28th August 2023

KroonLek: die eerste (en enigste) dierelek van sy soort

By 3 min read
642 words

KroonLek se dierelek is die eerste produk van sy soort in Suid-Afrika. Wat hierdie blok besonders maak is dat die noukeurig geformuleerde mengsel gemaak is van sout, molasse en diatomiet wat diere die voordele van die verskeie bestanddele gee.

“Die belangrikste ding om te verstaan met hierdie lek, is dat dit deel vorm van herlewingslandbou,” lig Chris Kroon, eienaar van KroonLek, uit. “Dit is ‘n natuurlike stof wat op ‘n natuurlike wyse lewendehawe verskeie voordele bied sonder die nadeel van weerstand wat opgebou word deur chemiese middels.

Die begin van KroonLek en die soutlek

Die idee het onstaan rondom ‘n braaivleisvuur waar Kallie Basson, Chris se oorlede sakevenoot, gehoor het van die voordele van diatomiet. Dit het dadelik sy belangstelling geprikkel en hy het Chris ook vertel van die interessante middel. “As jy eers begin navors oor die wye toepassings van diatomiet in landbou, dan kom jy op derduisende artikels af wat uitbrei oor hoe goed dit is vir die natuur,” verduidelik Chris.

“Ons het met verskeie boere gepraat om uit te vind of hulle die produk ken. Almal het gesê hulle ken dit, maar hulle sukkel daarmee: die diere wil nie die poeier eet nie.

“Boere meng dit met voer, maar die diere neem nie dit maklik in nie. Dit is soos ‘n fyn sand,” verduidelik hy. “Dit is soos om ‘n mondvol seesand te probeer sluk.

“Ek stel toe voor ons sit dit in ‘n blok.”

Daarna het die lang proses van navorsing en produkontwikkelling begin. Nou, vier jaar later, staan Chris trots agter sy produk.

KroonLek 21, die diatomiet-ryke soutblok

Dit is geen wonder dat die KroonLek 21, die maatskappy se vlagskipproduk, aandag trek nie. Die bestanddeel, diatomiet, is ‘n stof wat bestaan uit mikroskopiese skelette van diatome, eensellige oeralge. Dit is ryk in silika en bied verskeie gesondheidsvoordele, insluitende:

  • Ontgifting
  • Reiniging van die spysverteringskanaal
  • Beheer van interne parasiete
  • Verhoging van mineraalopname

Die voedselgraad diatomiet is fyn genoeg om te verteer en absorbeer. Omdat die diatome ‘n poruese tekstuur het wat op mikroskopiese vlak soos skerp puntjies lyk, beweeg dit deur die dier se spysverteringstelsel, en skuur die buitenste lagie was van die parasiet se liggaam af. Die parasiet ontwater dan omdat sy liggaamsvog geabsorbeer word. Die gevolg is dat die parasiet later vrek en natuurlik uitgeskei word.

Wat diatomiet sy ontgiftingseienskap gee, is die stof se negatiewe lading.

Chris meen dat alhoewel boere en kundiges dalk skepties mag wees oor die produk, sal boere gou die voordele vir hulleself sien. “Jy kan self dit uittoets. Hou ‘n paar beeste eenkant en hanteer hulle op dieselfde manier as die res van jou trop. Al verskil is dat jy vir die een groep die lek aanbied.”

Dit neem ‘n paar weke vir die diatomiet om optimaal in die diere se liggame op te bou en werk. “Die boere ken hulle diere; hulle sal dadelik die verskil agterkom,” verklaar hy.

Die KroonLek 21-blok is vir alle diere

Verkeie boerderye gebruik reeds die KroonLek 21-blok met goeie gevolge.

“Die diere is gek daaroor,” getuig Chris. “As die blok neergesit word, is hulle eers baie nuuskierig en klim sommer bo-oor mekaar om ook ‘n proeseltjie te kry. Maar wanneer diere eers gewoond is aan die blok, sal hulle af en toe self na die lekblok stap en daarvan geniet.

“Dit is waarvoor ons gemik het: dat die diere, hetsy wild of vee, self bepaal hoeveel en wanneer hulle die soutblok eet.”

Sowel vee as wild geniet die KroonLek 21-soutblok

Die diere waarop die produk reeds uitgetoets is, is:

  • Skape
  • Bokke
  • Beeste in verskillende groeistadiums
  • Varke
  • Perde
  • Groot- en kleinwild, en
  • Volstruise

Om meer uit te vind oor die KroonLek 21-soutblok, besoek die KroonLek-webtuiste (www.kroonlek.co.za) of skakel Chris Kroon by (+27)83-632-7900. Alternatiewelik, stuur ‘n e-pos aan chris@ck-projects.co.za om jou bestelling te plaas.

Bekyk hierdie produk op Agri4all.com.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0