Categories: Stock and game farmingPublished On: 9th February 2016

Kennis is wins: Boere stroom na Alzu se Kuilvoer- en Hooidag

By 3 min read
510 words

Goeie voer is ‘n voorvereiste vir diereproduksie en die maak van hooi en kuilvoer is ‘n kuns wat elke jaar met nog meer nuwe kennis aangevul word. ‘n Maatskappy wat hom ten doel stel om waarde tot sy gemeenskap toe te voeg, is Alzu Voere en ‘n deel van hierdie diens is Alzu se tweejaarlikse Kuilvoer- en Hooidag op hulle plaas buite Middelburg. By die geleentheid word die jongste, slimste kennis uitgeruil sodat boere immermeer waarde uit hooi en kuilvoer kan put.

“Boere het ’n groot behoefte aan hierdie inligtingsdae en die belangstelling het vanjaar sterk gegroei,” sê Paul du Toit, een van Alzu se direkteure. “Hier was ongeveer 400 boere van regoor die groot oostelike streek. Ons kyk daarna om volgende keer dalk ook hooimaak- en kuilvoersnydemonstrasies aan te bied.”

New Picture (41)

Bo: Sprekers wat hulleself al deeglik in die landbou bewys het, is noukeurig gekies om die boere met die jongste landboukennis te trakteer. Ernst Janovsky van Absa Agribesigheid het ’n deurtastende vooruitskouing vir die landbou gedoen en uitgelig waarvoor boere hulle moet staal en waaroor hulle gerus kan wees. Boere kon in dr Chris van Dijk van die MPO, Albert van Rensburg van Biomin en dr Kenneth Botha van Nutrigenics se kennisskatkis van kuilvoermaak delf om meer te leer oor die voordele, maar ook die gevare verbonde aan hierdie belangrike en lonende
voerkomponent.

New Picture (42)

Bo: Antibiotiese groeibevorderaars word reeds in Europa verbied en wêreldwyd is daar ’n sterk veldtog om daarvan
ontslae te raak. Dit is waar Biomin se produkte handig te pas kom. Biomin kom uit Oostenryk en is reeds vyf jaar in
Suid-Afrika beskikbaar. Die Biomin-reeks sluit kuilvoerentstowwe, mikotoksienbinders, natuurlike groeibevorderaars vir hoenders, probiotika en prebiotika, wat ook lewende organismes is wat uit plantekstrakte onttrek is, in. Albert van Rensburg is Biomin se besturende direkteur en Riaan de Beer is verkoopsbestuurder.

New Picture (43)

Bo: Johan Theunissen is Agricol se agent vir Middelburg en noordwaarts. “Ons is baie trots op ons nuwe sojasaadreeks wat die 5609 en die 5493 insluit en veral ’n goeie kultivar vir hierdie streek is. Aan die witmieliekant kan ons nou die 5211 se Roundup-gereed en stapelgeen-kultivar vir boere lewer,” sê Johan. Daneel Fourie (regs) is verkoopbestuurder vir die oostelike streek.

New Picture (44)

Bo: Oor die afgelope tien jaar het die kragstasies in die oostelike Hoëveld se uitlaatgasse baie skoner geword. Die
swaelinhoud het onder meer drasties afgeneem en dit skep nou ’n probleem vir boere, want hulle grond was inderwaarheid daardeur verryk. “Aanvanklik wou die boere dit nie glo nie, maar deesdae is Omnia kliphard besig om
hierdie vierde makro-element onder boere te versprei,” sê Gerrit de Jager, landboukundige vir die suidoostelike
Hoëveld. Links van hom staan Petrhi van der Linde en regs is Louwtjie van Rooyen en Lourens van Rooyen – al drie Omnia-agente vir die Hoëveld.

New Picture (45)

Bo: Die Alzu-span glimlag breed voor hulle stalletjie.

New Picture (46)

Bo: Valtrac se splinternuwe tweery Pecus-kuilvoerkerwer is ook nou in Suid-Afrika beskikbaar. Attie de Villiers,
verkoopsbestuurder van Valtrac, spog saam met Leon Viljoen van Agsol by die kerwer wat nou mielies twee keer
so vinnig in die kuilvoerput kan besorg. Agsol versprei Valtrac se produkte in die Oostelike streek.

0

Deel hierdie artikel.

One Comment

  1. Johannes 11th February 2016 at 06:42 - Reply

    Wanneer is die volgende Kuilvoer- en Hooidag?

Leave A Comment

0