Categories: Artikels, Vee en WildPublished On: 24th June 2025

Kanna Industries bied boere toerusting wat deur boere ontwerp en vervaardig is.

By 4 min read
668 words

Auto Wolpers

Boere se behoeftes en boere se vernuf vorm die grondslag vir oplossings wat boere deur dik en dun dien. Dit is hoekom boere so ingenome is met die toerusting wat Kanna Industries vervaardig.

Kanna se stigter en eienaar, Willa Nolte, het op ‘n Karooplaas grootgeword en hy begryp eerstehands die unieke uitdagings en geleenthede wat Suid-Afrikaanse boere daagliks. Hierdie praktiese kennis en begrip vorm die kern van Kanna se bestaan: masjiene wat deur boere vir boere ontwerp en vervaardig word.

‘n Produkreeks wat boerdery eerste stel

Kanna se wye produkreeks strek van gespesialiseerde wolperse tot kinderspeelgoed en word gekenmerk deur praktykgerigte ontwerp, duursaamheid en eenvoud . Elke produk speel ‘n spesifieke rol in die moderne boer se arsenaal.

Hier is ‘n kykjie na ‘n paar van hulle uitsonderlike produkte:

Outomatiese hidrouliese wolpers: Hierdie topmodel gebruik ‘n hidrouliese silinder om wolbale te pers. Dit verhoog produksievermoë en bespaar sakke, bergingsruimte en vervoerkoste.

Elektries/hidrouliese wolpers: ‘n Kostedoeltreffende alternatief met hidrouliese krag wat deur ‘n elektriese motor voorsien word. Dit is op dieselfde beginsels gebou as die outomatiese wolpers, met die enigste verskil dat die werker die penne met die hand moet insteek.

Semi-outomatiese nywerheidswolpers:

Die semi-outomatiese wolpers is ontwerp omdat woluitvoerders ‘n masjien nodig gehad het wat min onderhoud verg terwyl dit duisende bale vervaardig. Die ontwerp van die wolpers is dieselfde gehou en slegs ‘n paar versterkings bygevoeg en die hidrouliese stelsel aangepas.

Baallaaiers vir hooi en katoen

Hooibaallaaier: Hierdie waentjie hak aan jou trekker sodat bale direk van die veld gelaai word. Die waentjie werk van die trekker se hidrouliese stelsel en kan tussen ses en nege bale laai, afhangend van die grootte van die bale.

Katoenbaallaaier: Hierdie waentjie laai katoenbale met ‘n massa van 2 tot 3 ton en word ‘n trekker van 100 kW getrek. As gevolg van die massa van die katoenbale vind die laaiproses plaas terwyl die trekker en waentjie stil staan. Die laaivurk van die katoenbaallaaier daal tot op die grond af en dan word die baal aan die regterkant van die laaier opgeskep. ‘n Wiel en arm wat uitstoot sodra die baal op die vurk gelaai word, verhoed dat die laaier kantel. Sodra die baal op die laaier gelaai is, skuif ‘n vervoerband die baal na die agterkant van die laaier om plek te maak vir die volgende baal. Die laaier kan vier bale met gemak laai.

Om die vier bale af te laai word die hele bed van die masjien hidroulies gekantel en die vervoerband skuif dan die bale na die agterkant van die laaier en laai dit een vir een af. Die bale word saggies hanteer om te verseker dat die plastiekomhulsel nie skeur nie.

V‑vormige skaapvervoerband

Kanna vergemaklik kleinveehantering met ‘n V‑vormige skaapvervoerband

Hierdie ontwerp verbeter die beheer wat die werker oor die skaap het wat veiligheid vir mens en dier bevorder, en ook lei tot minder spanning vir die skaap tydens werk soos dosering en enting. Kanna bied hierdie produk in twee vorms aan; en wat staties is en een op wiele sodat dit makliker van kraal tot kraal verskuif kan word.

Ander robuuste toerusting wat deur Kanna ontwerp en vervaardig word sluit die algemene landbouvervoerband in wat gebruik kan word om voersakke, bale en ander produkte te vervoer.

Kanna se boordskraper kan gebruik word om enige grondoppervlak gelyk te maak. Dit gebruik vier skeurploegpunte aan die voorkant om harde grond op te breek en skraap dit dan gelyk met die lem wat agterna volg.

Sleepwaens

Kanna se hoë gehalte sleepwaens is spesifiek ontwerp vir Suid-Afrikaanse paaie. Hulle het ekstra sterk asse en paraboliese bladvere. Die standaard dubbelas skaap-/beessleepwa het hekke aan die binnekant en ook aan die sykant en agterkant vir maklike toegang. Kanna bou ook pasgemaakte sleepwaens volgens die boer se behoeftes.

Kanna se toerusting word ontwerp en gebou om doeltreffend, eenvoudig, duursaam en bekostigbaar te wees. Besoek die webwerf of skakel vir Willa by (+27)72-333-1051 of stuur ‘n e-pos aan willa@kannaindustries.co.za vir meer inligting oor Kanna se uitnemende toerusting.

 

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0