Kalkveld & De Bruin Bonsmaras hou puik produksieveiling!

Lot 7 – DBT 22-16
Die duurste bul (lot 7) het verkoop vir R450 000 aan Schalk van der Merwe van Leeuheuwel Bonsmaras en Kobus Burger van B2 Bonsmaras.
Die onlangse produksieveiling van Kalkveld & De Bruin Bonsmaras, aangebied deur Noordkaap Lewendehawe (NKLH), was ’n uitmuntende sukses en getuig van die ongelooflike standaarde wat hierdie telers handhaaf.
Op aanbod was 40 uitsoek bulle en 120 kommersiële vroulike diere in alle produksiestadiums – en kopers het nie teleurgestel nie.
Die duurste bul van die dag, Lot 7, het vir ’n indrukwekkende R450 000 verkoop aan Schalk van der Merwe van Leeuheuwel Bonsmaras saam met Kobus Burger van B2 Bonsmaras. Kyk die video hier.
Die sukses van die veiling bevestig nie net die vertroue in die Kalkveld & De Bruin genetika nie, maar ook die groeiende vraag na gehalte diere in die Bonsmara-bedryf.
Die gemiddelde en hoogste pryse was soos volg:
Baie geluk aan elke koper en verkoper, en ook aan die telers vir hulle harde werk en toewyding aan die aanbieding van puik diere. Hierdie veiling is beslis ’n hoogtepunt op die 2025-veilingkalender. Maak seker jy merk hom op jou 2026 dagboek!

Theuns Visser, Schalk van der Merwe van Leeuheuwel Bonsmara, Gert Jordaan van Noordkaap Lewendehawe, Gert de Bruin van De Bruin Bonsmaras, Kobus Burger van B2 Bonsmaras, Pieter de Bruin Bonsmaras en Hannes van den Berg van Kalkveld Bonsmaras.