Jou vrugte en druiwe is kosbaar: Beskerm jou boord en wingerd met Plusnet-skadunet

plusnet
Die boer bewerk, plant, bemes, besproei, snoei en vertroetel sy bome en wingerde met groot moeite en teen ՚n hoë koste … net om ՚n groot deel van die opbrengs op sy arbeid af te staan aan allerlei plae en weerstoestande wat hom van die wins waarvoor hy gewerk het beroof.
Gelukkig staan die boer nie alleen in die proses om sy vrugte te beskerm nie – Plusnet bewapen hom met skadunet wat hom help om self die volle vrug op sy arbeid te geniet. Boonop vermeerder Plusnet se wye verskeidenheid nette die prestasie van sy boord of wingerd.

Landbounette
Met landbounet te bedek soos Plusnet se 20%- of 40%-landbounet, kan jy die prestasie van jou boord of wingerd aansienlik verbeter. Ons landbounet bied meer as net beskerming. Die voordele van landbounet sluit in:
- Beskerming teen oormatige sonstraling
- Beskerming teen omgewingsgevare (wind, hael, sandstorms en ysreën)
- Beskerming teen vlieënde plae
- Verbeterde uitwendige vruggehalte (minder sonbrand en windletsels, gladder skil en beter kleur.)
- Verminderde hitte-/kouespanning
- Verbeterde fotosintese
- Doeltreffender of minder waterverbruik
Dekoratiewe skadunet

Ons reeks funksionele dekoratiewe skadunet bied bedekking vir jou areas in digthede van 80% tot 90% en is beskikbaar in ‘n verskeidenheid kleure.
Skadunet word in verskillende digthede gebrei. Ons noem die digthede van skadunet persentasies. Die verskil in persentasie laat verskillende hoeveelhede sonlig binnedring, wat beteken dat die persentasie skadunet wat jy kies, min of meer soveel son blokkeer.
Die dekoratiewe skadunetreeks is perfek vir kampeerdoeleindes, want jy kan oorweeg om dit as ‘n privaatheidskerm, ‘n grondseil of om jou boma, of selfs vir motorparkeerbeskutting of vir lapabedekking te gebruik.
Die 80% dekoratiewe skadunet het ‘n UV-blok van 80% en bied ongeveer 76% skaduwee.
Die 90% dekoratiewe skadunet het ՚n UV-blok van 90% en bied ongeveer 86% skaduwee.

Ons dekoratiewe skadunet is spesifiek vir die kommersiële mark in Afrika gemaak. Ons verskaf dit aan hardewarewinkels landwyd en vanaf ons fabriekswinkel regstreeks aan die publiek.
Vir meer inligting oor ons dekoratiewe skadunet, besoek asseblief Plusnet se webwerf by www.plusnetgeotex.co.za, skakel 011-412-3954, of stuur ՚n e-pos aan nets@plusnet.co.za.