Jou koeie verdien die beste… en Four Lakes het net wat hulle nodig het
Die gesondheid en gemak van jou melkkoeie het ‘n direkte uitwerking op jou sak. Koeie se melkproduksie daal wanneer hulle siek of ongemaklik is, en Four Lakes het net wat elke melkboer nodig het om te verseker dat hy gelukkige, gesonde koeie het.
Four Lakes fokus daarop om die mark te voorsien van gehalte produkte vir kalfversorging, na-kalwing, laktasie, vrugbaarheid, droë periode, hitte-opsporing, kunsmatige inseminasie en veeartsenykunde. Hulle doel is om interne oplossings vir suiwelbestuur aan hulle klante te bied.
Drie van die belangrikste produkte wat Four Lakes vir jou suiwelbustuur aanbied, is hulle Flymop, Hoofzinc en Hoofpad Plus.
Flymop
Vlieë is nie net ‘n pes vir mense nie, maar vir diere ook. Vlieë is nie net lastig vir beeste nie maar kan ook jou diere onder spanning plaas, wat verlaagde produktiwiteit kan veroorsaak. Boonop dra vlieë ook siektes oor, en kan in oop wonde op diere gaan sit en die sere meer besmet. Dit is dus baie belangrik om vlieë van jou diere af weg te hou.
Four Lakes het die beste oplossing om vlieë weg te hou. Hulle Flymop is ‘n beesoliemaker (cattle oiler) wat ontwerp is om vee teen vlieë te beskerm.
Die Flymop word aan die ingang van drukgange gehang om jou beeste heeljaar te beskerm. Elke keer wat die bees deur die Flymop loop word sy bedek met ‘n middel wat die vlieë sal weghou.
Die Flymop bied vir boere ‘n maklike en doeltreffende metode om vlieë weg te hou, wat sommer kostebesparing in die langtermyn ook bied.
Hoofzinc Plus
Een van die belangrikste dele van jou diere se gesondheid, is gesonde hoewe. Met Four Lakes se Hoofzinc Plus kan jy verseker dat jou diere se hoewe hard en gesond is.
Hoofzinc Plus is vloeibare formule wat sink, koper en glutaraldehied bevat. Die middel keer die groei van bakterieë wat vrotpootjie en hakskeenvratte (Fusobacterium necrophorum- en Treponema-stamme) by beeste en skape veroorsaak.
Waaruit bestaan Hoofzinc?
Glutaraldehied:
Die stof verhard die dier se hoewe. Dit maak dit nie so hard as wat formalien doen nie. Indien die dier se hoef te hard is, kan dit ingee wanneer die dier op ’n klip trap. Dit verdoof en beskerm ook die hoef teen hoefvratte en voorkom roes aan pype en binne die drukgange.
Glutaraldehied reageer nie met mis en ander organiese materiaal nie, dus het die produk geen negatiewe uitwerking.
Kwaternêre ammoniumverbindings (QAC):
Die produk is ’n skuimmengsel. Die skuim verseker dat die Hoofzinc eweredig in die hoef versprei word, sodoende word die hele hoef nat wanneer die dier op die hoefmat trap.
Sinksulfaat:
In samewerking met Glutaraldehied help dit ook om hoewe hard en sterk te maak.
Kopersulfaat:
Ontsmet oop sere.
Die nadele van formaliengebruik:
- Bevat chemiese stowwe wat kanker kan veroorsaak
- Dit is nie ’n maklike middel om te gebruik nie as gevolg van die sterk reuk
- Veroorsaak dat die pype van drukgange roes
- Besmet die grond en misdamme lewenslank; die chemikalieë breek nooit af nie.
- Die pH-balans keer terug na neutraal sodra dit in aanraking kom met organiese stowwe soos mis en grond. Dit beteken die boer moet gedurig aanvullings by die mengsel voeg.
Hoofzinc kan met water verdun word en op ‘n hoefmat gespuit word of deur middel van hoefbaddens aangewend word.
Hoofpad Ultra
Four Lakes se Hoofpad Ultra is ‘n duursame sponsmat wat met swaardiens-nylonmateriaal bedek word. Die mat is so stewig ontwerp dat dit 150 000 treë kan weerstaan.
Die gebruik van die Hoofpad Ultra word gebruik vir die voorkoming en behandeling van vrotpootjie en hakskeenvratte by diere. Die mat gebruik 50% minder dipmiddel as ’n voetbad, en dit is dit nie nodig om elke keer ’n vars mengsel Hoofzinc by te voeg nie.
Wanneer die Hoofpad Ultra in kombinasie met produkte soos Hoofzinc gebruik word, is dit die volledige hoefbehandeling wat jou dier nodig het.
Kontak AC Kotzé by (+27)83-305-8799 of (+27)21-557-0606 om meer uit te vind van die produkte wat www.fourlakes.co.za vir jou diere het.