Categories: NewsPublished On: 2nd March 2018

Jongboer-wenner moet voorbeeld stel, sê prof Fourie

By 2 min read
373 words

IMG-20180226-WA0005

’n Melk-, saai- en twee Bonsmara-boere sal vanjaar sake uitspook om as Vrystaat Landbou (VL) se Jongboer van die Jaar 2018 gekroon te word.

Reece Dedwith (melkboer) van die plaas Rockridge naby Parys, Wessel Hattingh (saaiboer) van die plaas Dipkraal naby Heilbron, Hendrik Theron (boer met Bonsmaras) van die plaas Wolwekop naby Dewetsdorp en Nelius Ferreira (boer met Bonsmaras) van die plaas Grootdraai naby Harrismith is die finaliste in die 22 ste kompetisie. Ander afdelings, soos skape, gewasse, wild en appels, maak ook deel van dié boere se werksaamhede uit.

Die finaliste word op 27, 28 Februarie en 1 Maart 2018 deur VL se beoordeelaarspaneel op hulle plase besoek om die wenner te bepaal. Die paneel bestaan uit prof Pieter Fourie, Allan Bennie en Erhard du Toit (almal van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie), dr Janus Henning (Universiteit van die Vrystaat), Johann van Graan (bestuurder van Finansies & Administrasie by VL), Boet Wilken en Waldo van Niekerk (voorsitter en vise-voorsitter van VL se Jongboer-komitee).

VL se Jongboer-konferensie, met die tema Gesamentlike Boerdery, vind op 12 April 2018 by Monte Bello Estate in Bloemfontein plaas, waarna die wenner van die Jongboer-kompetisie by die gala-aand aangekondig word.

Volgens prof Fourie, sameroeper van die beoordeelaars en Hoof van die Department van Landbou by die SUT, is dit nie die grootte van ’n boerdery wat ’n boer laat wen nie. “Hy moet ’n voorbeeld stel vir ander boere oor die algemeen, asook vir jongboere. Hoe doen hy dit in terme van die presisie in sy boerdery, hoe gebalanseerd is hy en wat is sy bestuursprestasie?” sê hy.

“Is hy ’n goeie bestuurder van sy eenheid? Dit gaan nie oor die omvang daarvan nie.” Hy meen dit gaan eerder oor hoe hy doen wat hy doen en of hy ’n unieke bydra maak.

Afdelings waarop beoordeel word, sluit onder meer in toekomsbeeld, begroting en finansies, produksie, bemarking en gemeenskapsbetrokkendheid. Die belangrikste maatstawwe is bestuursfilosofie en hoe tegniese vaardighede aangewend word om dit toe te pas.

Die wenner sal onder meer wegstap met ’n oorsese reis danksy Case IH/Northmec en sal ook outomaties ’n finalis in die Toyota Agri SA nasionale Jongboer van die Jaar kompetisie wees. Johan van Huyssteen, van die plaas Bloekom naby Virginia, is in 2017 as VL se wenner aangewys.

Bron: Vrystaat Landbou

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0
Categories: NuusPublished On: 2nd March 2018

Go to Top