Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 19th June 2018

JCB se nuwe Midi-Excavator:

By 3 min read
534 words
jcb

jcb 1

Nuwe generasie beheer, doeltreffendheid, prestasie en krag. Kombineer daardie eienskappe en jy het ‛n wenmasjien op jou plaas. Die nuwe Midi-Excavator van JCB bevat al daardie eienskappe en lyk ook nuut en modern.

JCB, markleier in materiaalhanteringstoerusting, se wêreldwye kliёntediens is eersteklas. Maak nie saak wat die boer benodig nie, JCB se mense sal vinnig en doeltreffend optree om die nommerpas masjien te verskaf en voltyds aan die werk te hou.

Die Midi-Excavator is in twee modelle beskikbaar: 86C en 55Z.

Die masjien het al die vernuwende ontwerpkenmerke wat hom veelsydig en produktief maak. Hy fokus veral op die gemak van die operateur en veiligheid as eerste prioriteit vir die boer, operateur, mense naby aan die masjien en die masjien self. Dit is ook ontwerp om die beste 5-tonmasjien op die mark te wees.

Verder het JCB ‛n vernuwende sagtewarestelsel, Livelink, wat die boer toelaat om sy JCB-masjien te moniteer. Die boer kan dit aanlyn, deur e-pos of met sy selfoon doen. Die stelsel het toegang tot alles, van brandstofverslae tot alle data wat al voorheen geberg is.

Wenkenmerke van die nuwe Midi-Excavator

Krag

  • Goeie sterkte staalwerk en vereenvoudigde H-raamonderstel.
  • Die vierplaatgraafarmontwerp bied ekstra strukturele krag en duursaamheid.
  • Daar is nie meer plastiese eksterne dele aan JCB se nuwe masjiene nie.
  • Die hidrouliese stelsel spog met die jongste bedryfstegnologie.
  • Die rubberrusperbande of staalrusperbande van 400 mm is opgewasse vir enige uitdaging.
  • Die swaardiensbalksilinderskerm en opsionele skerms vir die graafarm en hysarm verleen uitmuntende beskerming, selfs in die moeilikste omstandighede.

Beheer

  • Moenie dat die woord, midi, jou om die bos lei nie. Die kajuit het meer ruimte as voorheen, met plek vir jou foon en ‛n bekerhouer.
  • Daar is ‛n radio, 12V-foonlaaier, verwarmer en ‛n verkoeler as opsionele toerusting beskikbaar.
  • Die nuwe beheerarm en die maklike raakskakelaars is deeglik ontwerp vir die boer se gemak.
  • Jy kan vinnig wissel tussen enkel- en dubbelwerkende hulpvloeitenks.
  • ‛n Thatcham-goedgekeurde immobiliseerder waak teen diefstal.
  • Jy kan die hidrouliesevloei-instellings vir spesifieke aanhegsels maklik aanpas en programmeer, met ‛n ingeboude geheue om jou instellings te berg.

Veiligheid

  • Die kajuit is in veiligheidsglas gehul.
  • JCB se veiligheidshefboomslot isoleer hidrouliese funksies om onbedoelde beweging te voorkom.
  • Hidroulika kan eers geaktiveer word wanneer die bestuurder sit en sy sitplekgordel dra.
  • ‛n Oorlaaiskerm vertoon ‛n staafdiagram van groen na rooi om aan te dui of die oorladingpunt naby is.
  • Die wye en groot vastrap van die rusperbande help om stabiliteit en veiligheid te verseker.
  • Opsionele werkligte stel jou in staat om tot laat in die nag veilig te werk.
  • Opsionele LUD-ligte help die bestuurder om veilig by die huis te kom. Wanneer jy die opsie kies, sal die ligte vir 3 minute nadat die masjien afgeskakel is aangeskakel bly en die omgewing verlig sodat die operateur veilig kan vertrek.

Finansiering

JCB se finansiële afdeling het ’n spesiale finansieringsaanbod vir boere. Tot die einde van Junie kan jy jou Midi-Excavator afbetaal teen primakoers minus 5%. Die boere trek veral voordeel uit die opsie om òf maandeliks òf jaarliks die paaiement te betaal. Hulle moet net ’n deposito van 15% vir die masjien betaal.

Om meer uit te vind oor JCB en hulle produkte, kontak Matthew Barkas by 071-571-7593, of gaan na hulle webtuiste www.jcbafrica.com.

 jcb

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0