Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 19th April 2018

Isuzu bied aan: ’n Bakkie en trok vir elke taak

By 3 min read
651 words

isuzu 1

Vir rygerief en vervoervermoë is Isuzu die uitgeknipte oplossing – met ’n model vir elke taak en ongeëwenaarde betroubaarheid en ekonomie.

Begrip vir die boer se behoeftes, sy omstandighede, sy sak en selfs sy drome is een van die dinge wat Isuzu tydens sy meer as tagtig jaar ervaring in die lewering van wêreldklas-vervoeroplossings aangeleer het. Ook hier in Suid-Afrika is Isuzu ’n naam wat boere met vertroue, waardering en respek gebruik.

Isuzu besef terdeë dat toewyding, vasberadenheid en deursettingsvermoë die grondslag vir groot prestasies is. Dit is hoekom hulle handelsmerkslagspreuk lui: “Al die pad saam met jou”. So ondersteun Isuzu sy kliënte om hulle volle persoonlike en sakepotensiaal te bereik. Kom ondervind dit vanjaar eerstehands by NAMPO!

Isuzu bied ’n uitsonderlike reeks voertuie – almal nommerpas vir hulle taak en gebou om te hou. Die legendariese KB-bakkiereeks bestaan uit twintig modelle – vanaf die oorspronklike enkelkajuit-werkesel tot die vlagskip, die 300 LX-dubbelkajuitmodelle. Alle KB-modelle is met òf tweewiel- òf vierwielaandrywing beskikbaar.

Isuzu-vragmotors is nou al vir vyf agtereenvolgende jare die topverkoper van Japanese oorspronklike toerusting in Suid-Afrika, grootliks danksy die immer betroubare N-reeks vragmotors. Daar is 19 modelle om van te kies sodat jy verseker kan wees daar is een wat honderd persent aan jou behoeftes sal voldoen.

Isuzu se N-reeks vragmotors is beskikbaar met handratkaste of geoutomatiseerde handratkaste (AMT). Volg die volgende skakel vir meer inligting oor Isuzu se geoutomatiseerde handratkas: https://www.youtube.com/watch?v=KjHKvh1EA1k.

Al Isuzu se vragmotors is vir twee jaar gewaarborg, maak nie saak hoe ver jy in daardie twee jaar met hulle ry nie.

Vir swaarder vragte staan Isuzu se F-reeks vragmotors gereed. Ook hier is daar twintig modelle beskikbaar – vanaf 10 000 tot 26 000 kg BVG. Hierdie trokke kan waarlik vir enige toepassing aangepas word. Jy kan ook kies tussen die enkelkajuit, personeel-kajuit, handratkas, geoutomatiseerde handratkas, outomatiese ratkas, 4×2, 4×4, 6×2 en 6×4.

Vir boere wat reuse vragte moet karwei, het Isuzu ook die perfekte antwoord in die gedaante van die gedugte FX-reeks swaarvragmotors en voorhakers met al die voortreflike eienskappe van hulle kleiner boeties.

Die Isuzu FX/GX-reeks se tien modelle het genoeg opsies van bruto voertuiggewig (BVG) en bruto kombinasiegewig (BKG) vir enige taai vervoertaak oor enige afstand.

Ons almal weet al Isuzu het altyd iets meer wat die verbeelding aangryp en die begeerte prikkel: In Mei 2018 gaan die gretige afwagting bevredig word wanneer Isuzu se sewesitplek-sportnutsvoertuig, die MU-X, in Suid-Afrika beskikbaar sal wees. Kom kyk by Isuzu se uitstalling by NAMPO!

Maar dit is nie al nie: Jy kan by Isuzu se uitstalling deelneem aan ’n trekking waarvan die wenner, onderhewig aan sekere bepalings en voorwaardes, ’n kans sal kry om drie maande lank ’n MU-X te gebruik asof dit sy eie is.

Uitgeknip vir die boer

Kom gesels boeretaal met Isuzu se mense by NAMPO en jy sal gou besef: Isuzu is terdeë bewus van al die uitdagings waarmee die boer te kampe het en verskaf voortreflike voertuie om hierdie uitdagings die hoof te bied.

Of jy produksiemiddele wil aanry, produkte wil wegry of enigiets op die plaas wil verskuif, Isuzu het die perfekte antwoord… selfs vir die wakker boerseun wat die mooi nooi van die plaas langsaan met ’n onweerstaanbaar aantreklike bakkie of sportnutsvoertuig wil fliek toe vat.

Op ’n Isuzu kan jy al die pad vertrou of die son skyn en of dit reën; of jy naby moet ry of ver; opdraand of afdraand – en dit teen die laagste moontlike bedryfskoste en die grootste gemoedsrus en gerief.

Nog goeie nuus vir boere is dat Isuzu aan die begin van die jaar, vir die eerste keer sedert sy ontstaan in Tokio in 1938, ’n vervaardiging- en verspreidingsorganisasie buite Japan geopen het – net hier in Suid-Afrika om ons boere nou nog beter diens en produkte te bied!

Dit is boonop nie moeilik om n Isuzu-handelaar te vind nie, want Suid-Afrika het n uitgebreide Isuzu-handelaarsnetwerk vir diens op jou drumpel. Boonop kan Isuzu 24/7 bereik word by hulle klante-inbelsentrum met die nommer 08600-ISUZU, die webwerf www.isuzu.co.za of op Twitter @isuzusa.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0