Irrigation Unlimited werk wys met water

irrigation-unlimited-okt
Boere regoor die land praat met groot geesdrif van Irrigation Unlimited se produkte, diens en kundigheid, wat veral in die droogtetyd die boer help om elke druppel waarde uit water te put, sonder om waterbronne uit te put.
Dit is veral Irrigation Unlimited se reeks Ocmis-kruipspuite wat boere in staat stel om hulle hulpbronne ten volle te bestuur en waarde te kry uit elke stukkie grond, van uitvalhoeke tot groot landerye en elke strokie weiding:
Gert Swanepoel van Schweizer-Reneke sê hulle moes al drastiese besluite neem soos die vermindering van vee, maar met die ondersteuning van twee Ocmis-spuite en boorgatwater kon hulle grondbone aanplant en ’n oes afhaal: “Die selfaangedrewe klapspuite werk baie beter in my opset as byvoorbeeld ’n spilpunt, want dit is meer doeltreffend en daar is nou nie meer uitvalhoeke nie.”
Lommie Joubert, ook van Schweizer-Reneke, het nie net grondbone nie, maar selfs mielies deurgetrek met behulp van sy Ocmis-spuite: “Daar is soveel verstellings wat ’n mens kan aanbring om jou watertoediening en die spoed waarteen die spuit moet beweeg te reguleer, dat ’n mens regtig jou beplanning baie fyn kan doen,” vertel hy.
Die fyn waterbestuur sluit aan by al die ander pluspunte van Ocmisbesproeiing:
André Brummer, boerderybestuurder van Ncome Gevangenis by Vryheid: “Die Ocmis se watertoediening is perfek en hy lok nie diewe soos goukoppelpype en spilpunte met koperkabels nie.”
Willem Scholtz van Brits geniet die arbeidsbesparing en beweegbaarheid van Ocmis. Hy sê Ocmis is ’n belegging in besparing: “Ek bespaar ’n derde op water, benewens die besparings op elektrisiteit en arbeid.”
Jan-Hendrik Jacobs sê Ocmis is die enigste spuit wat hy gesien het wat miswater uit sy melkery tussen Warmbad en Nylstroom op sy aangeplante weiding kan toedien.
Attie Brits van Sterkfontein Veevoere by Bronkhorstspruit sê die Ocmis is eenvoudig, stewig en ordentlik gebou sonder fieterjasies wat kan moeilikheid gee. Hy sê Irrigation Unlimited se dienslewering is uit die boonste rakke: “Hulle is baie ernstig oor die onmiddellike lewering van onderdele en hulle reuse onderdelemagasyn is iets om te sien.”
Wil jy ook ’n tevrede besproeiingsboer en winsmakerwateraanwender wees? Praat met Tobie van den Heever by 082-658-6054, 012-736-2121/2103/2526 of tobie@iunlimited.co.za. Besoek ook www.iunlimited.co.za vir meer inligting.