Inttrac Trading se Orsi verslind alles wat moet verdwyn
Een van die groot voordele van skaarswildboer is dat ’n boer wat soveel waardevolle diere op sy grond het, heelwat meer geldelike beweegbaarheid het om sy plaas te verbeter. Die belangrikste en eerste stap waarna ’n volwaardige boer hunker, is natuurlik om sy veld se drakrag te verhoog, want hoe meer wildeenhede per hektaar, hoe meer geld is daar uiteindelik in sy sak. Daar is net een manier om dit reg te kry – verruil jou nuttelose indringerbosse vir voedsame weiding.
Natuurlik is dit wys om nie verkeerd suinig te wees nie en daarom kan ’n boer nie anders as om een van Inttrac Trading se Orsi-bosvreters in die hande te kry nie. Die aggressiewe en doeltreffende werktuig bespaar ’n boer op die lang duur baie meer geld as om ’n span werkers met pangas die veld in te stuur.

So lyk Soetvelde Farms – waar daar vooruit geboer word.
Nico van Tonder en sy seuns, Ro’an en Werner, van Soetvelde Farms buite Potchefstroom is ervare wildboere. Werner plant voer onder besproeiing vir die wild aan en Ro’an is in beheer van die diere. Die Van Tonders wil eerstens die genot van wildkyk verseker en uit ’n bestuursoogpunt wil hulle maklik hulle wild in die veld kan moniteer as hulle deur die plaas ry. As daar probleme is, moet daar ook vinnig met ’n voertuig tot by die bok gery kan word. Dit alles is nie moontlik as ’n plaas oorbebos is nie.

Ro’an van Tonder se swartwitpense is skoon verlig om die Orsi in aksie te sien, want dit beteken dat daar meer voedsame weiding en minder nuttelose struike vir die komende seisoen sal wees.
Hulle het ’n Landini-trekker en die Orsi-bosvreter as ’n pakket by Inttrac Trading se agent in die Potchefstroomstreek, OM Agri, gekoop. Die Orsi het al 280 uur op die trekker se klok gesit en Ro’an het uitgewerk dat hulle ’n skamele 6,5 liter diesel per werksuur verbruik het.
Ro’an het ’n eenvoudige, maar doeltreffende, resep waarvolgens hy sy veld veredel. “Ek verkies om al die groot bome vir skaduwee te hou en daar waar die bome te dig is minstens ’n spasiëring van 20 meter te hou. Alle indringerstruike, veral katbos, word kompos en waar moontlik word die voedsame bosse, wat ook as skuiling vir kleiner wildsoorte kan dien, gespaar,” sê hy.

Nadat die Orsi oor ‘n bos is laat dit net fyngemaalde kompos agter.
Om die operateur se nekspiere te spaar, voorsien Inttrac Trading ook ’n driepunthyser wat vooraan trekkers soos die Landini, wat ’n aftakas aan die voorkant het, gemonteer kan word. Nou kan die operateur vorentoe kyk terwyl hy met die Orsi werk. Die Orsi moet ook opgetel en laat sak word en sy klap moet oop- en toegemaak word. Daarvoor het OM Agri en Inttrac Trading een van die trekker se drie hidrouliese banke gebruik om hidrouliese pype na die voorkant te bring.

Isaac Mathebele is die Orsi-operateur en Janus Earle is eienaar van OM Agri in Potchefstroom, wat die agent vir Inttrac Trading in die streek is. Agter hulle het Ro’an so ver moontlik die voedsame bosse en groter bome probeer hou en die veld oopgemaak sodat dit maklik toeganklik vir ’n voertuig is.
Die Orsi is ontwerp om met gemak die 1 000 opm van ’n trekker se voorste kragaftakker te hanteer en omdat die werktuig op sy beste teen ’n lae spoed werk, verkies dit ’n trekker soos die Landini, wat op ’n lae spoed teen hoë enjinomwentelinge kan werk. Wanneer die kragaftakker afsonderlik aan- en afgeskakel kan word of sy spoed kan behou as die trekker stop, is dit natuurlik ’n groot pluspunt.
Om jou plaas in ’n weidings-paradys te verander, skakel vir Adam van Aswegen by 078-457-0952
078-457-0952 of 016-365-5799
016-365-5799 of stuur ’n epos na inttrac@cyberserv.co.za