Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 15th September 2026

Ideale oesvennote: New Holland se CR Revelation- en Next Gen-stropers

By 3 min read
497 words

CR11_StageV_23_045

Meer as 50 jaar se innovasie word perfek vasgevang in elke oes.

Met die oog op vanjaar se oliesaad-oesseisoen wat eersdaags aanbreek, is New Holland se CR-stroper die ideale oplossing om jou waardevolle gewasse van die land af te haal. Hierdie stroper bou voort op meer as 50 jaar se tegnologiese verbeterings wat betref voortreflike kraglewering, werkverrigting, kapasiteit, en graan- en strooigehalte.

Die CR7.90 (414 pk of 309 kW), met sy 17-duim-rotors en ’n sifoppervlakte van 5,4 m², kan ’n snytafel van tot 9,15 m hanteer. Daarbenewens word die CR10-stroper van die volgende generasie bekend gestel, toegerus met 24-duim-rotors, ’n skoomaakarea van 8,8 m² (met geslote kringloop) en ’n oesrestebestuurstelsel wat oesreste tot 18 m (60 voet) ver kan versprei deur middel van die proaktiewe Intellispread-stelsel.

Uitstekende prestasie begin met doeltreffende materiaaltoevoer

Die CR-stroper se materiaaltoevoereenheid is toegerus met die Dynamic Feed Roll™ (DFR), wat ’n konstante vloei van materiaal na die Twin Rotor™ verseker. Dit lei tot ’n kragbesparing van 7 pk (5,2 kW) en ’n kapasiteitsverhoging van tot 10%.

Danksy die reguit en egalige vloei van materiaal deur die TwinPitch-rotors word die skoonmaakoppervlak eweredig belas vir optimale skeiding van die gewas en materiaal. Die DFR verseker ’n lineêre spoedaanpassing tussen die werkmodules, wat dit moontlik maak om selfs groen en nat materiaal te verwerk. Dit beteken dat boere vroeër in die oggend en later in die aand kan stroop.

Die TwinPitch Rotor™-effek

Die TwinPitch Rotor™-stelsel is ontwerp om twee belangrike voordele te bied. Die rotor se konkaaf-opening werk altyd met voldoende speling om gewas-op-gewas-wrywing te bewerkstellig wat baie sagter is as die dorsaksie tussen die gewas en die konkawe. Hierdie ontwerp verseker ’n doeltreffende dorsaksie, veral by hoë opbrengste. Vir die beste strooigehalte en brandstofverbruik, is dit van kritieke belang dat die gewas vir die korrekte tydperk binne die stroper bly.

’n CR-graanmonster van uitstekende gehalte

Die Opti-Clean™-skoonmaakstelsel verseker optimale skeiding tussen skoon graan en ander materiaal. Dit funksioneer binne sy eie raam en kan die stelsel gelyk hou, selfs al kantel die stroper tot 20 grade. Daarom is die stroper ideaal vir gebruik op beide gelyke en ongelyke terreine.

Die RotoThresh™ is ’n herdorsstelsel wat buite die hoofdorsarea geleë is. Dit verseker maksimum kapasiteit vir alle gewasse. Die materiaal en gewas wat die herdorsproses ondergaan word terug op die skoonmaakarea gewerp, en sodoende word die hoofdorsarea nie oorlaai nie en die graan nie beskadig nie.

Opti-Fan™-tegnologie vergoed vir die uitwerking van swaartekrag op gewasmateriaal. Wanneer die stroper op gelyke grond werk, kan die verlangde waaierspoed gekies word. Daarna word die waaierspoed outomaties aangepas wanneer daar teen ’n helling op of af beweeg word.

Uitstekende kajuit

Die stroper se kajuit het ’n ergonomiese en eenvoudige ontwerp wat die opstel van die funksies vergemaklik. Dit bied alles wat nodig is om beheer te behou en die werk gedoen te kry.

Waarborg

Vir kliëntegemoedsrus bied New Holland ’n omvattende “Uptime”-waarborg van 36 maande of 1 200 uur op alle
CR-dorsmasjiene.

Finansiering van die CR7.90

Vir meer inligting, besoek www.newholland.com/za of kontak Derrick Coetzee, produkbemarkingspesialis: Oes en hooimaaktoerusting Suid Afrika by (+27)82-524-7447.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0