HORSCH-presisieplanters plant presies vir beter opbrengs

Screenshot-2022-06-01-094826
Die HORSCH-span by die 12 SV Maestro-planter tydens NAMPO 2022. Van links: DJ Van De Merwe, Randy Henderson, Micha Trotzky, Charl Eloff, Willem Stolz, Bok Barnard en Morkel Benadie.
՚n Goeie oes begin by die planter en die plantproses, en daarna dra ander faktore by om uiteindelik die opbrengs te bepaal. Dit is ՚n groot lekkerkry om te sien hoe die vernuftige tegnologie van HORSCH-grondbewerkers en planters die boer se taak vergemaklik, sy insetkoste besnoei en sy opbrengs verhoog om hom meer wins in die sak te besorg.

Terratill is die mense wat HORSCH se wenwerktuie in Suid-Afrika bemark en hulle flukse slimkoppe staan gereed om die beste produkte, die beste diens en die beste begrip aan ons boere te verskaf.
“Ons voer die HORSCH-produkte in vanaf Duitsland, en die HORSCH-planters werk uitstekend in Suid-Afrikaanse omstandighede. HORSCH-planters is volledige presisieplanters, wat seker maak dat jy uitkry wat jy insit,” sê Charl Eloff, hoofbestuurder van Terratill.
Maestro 16 SV HORSCH-planter
Die Maestro 16 SV is ՚n sestienryplanter met ryspasies van 91 cm. Kunsmis word toegedien uit ՚n tenk van 7 000 liter en die saadkas hou 2 000 liter. “Dit gee jou so 5 ton kunsmis en 90 sakkies saad wat die planter op een slag kan dra, wat met ՚n lugstelsel na die planteenhede toe gevoer word. In die planteenhede word die saad akkuraat met ՚n vakuumstelsel Die sleutel tot suksesvolle graanverbouing is doeltreffende saadbedvoorbereiding en akkurate plantwerk, en dit is presies wat die mense van Terratill en HORSCH bied. Kontak Charl vandag nog by (+27)79-997-8938 om meer uit te vind oor hulle wenwerktuie. Besoek ook hulle webwerf by www.terratill.co.za. uitgemeet,” voeg Charl by. Die planter plaas al die pitte presies ewe diep en presies ewe ver van mekaar af sodat elkeen die heel beste kans het om te ontkiem en geil te groei.

Charl verduidelik: “՚n Unieke eienskap van die Maestro 16 SV-planter is sy opvoumeganisme. Die planter kan volledig opvou, vanaf jou sitplek, alles binne net een minuut. Jy staan nie een keer op nie; jy vou jou planter op en toe en trek na die ander land toe, maak hom oop en dan kan jy weer begin plant.
“Presisie is verseker die toekoms van Suid Afrika se landbou en dit is juis waarom dit vir ons belangrik is om volledige presisietoerusting na die boere te bring.”
Die sleutel tot suksesvolle graanverbouing is doeltreffende saadbedvoorbereiding en akkurate plantwerk, en dit is presies wat die mense van Terratill en HORSCH bied. Kontak Charl Eloff vandag nog by (+27)79-997-8938 om meer uit te vind oor hulle wenwerktuie. Besoek ook hulle webwerf by www.terratill.co.za.
Kyk die volledige video ProagriMedia: