Hìèr is Vlakte Bonsmara Studiegroep se aanbod op hulle komende produksieveiling

Vlakte Bonsmara-Posts-Apr2025
Dit is weer daardie opwindende tyd van die jaar waar die Vlakte Bonsmara Studiegroep gereed maak vir hulle 19de produksieveiling wat op 2 Mei om 11:00 te plaas Doornpan, Roedtan plaasvind. Topgehalte diere wat insluit 37 bulle en 250 vroulike diere in alle produksiestadiums word op die gesogte veiling aangebied.
Hierdie veiling word nie net as een van die groot hoogtepunte op die Bonsmara-kalender beskou word nie, maar is ook bekend is vir sy uitmuntende genetika, uitsonderlike diere en professionele aanbieding. Dié produksieveiling bied aan Bonsmara telers en kopers die ideale geleentheid om hul kuddes met beproefde, prestasiegetoetste diere te versterk.
Laai die volledige digitale katalogus hier af.
Kyk na die volledige digitale speellys van die bulle hier.
Hier is ‘n paar van die top bulle wat beslis gemerk kan word!
Die veiling sal deur Vleissentraal Bosveld aangebied word asook aanlyn deur SwiftVee, registreer en besigtig die diere hier.
Vir meer inligting kontak enige van die Vleissentraal bemarkers:
- Hendrik van der Walt: 083 628 930
- HP van der Walt: 081 011 2049
Besigting ook die veiling op Agri4all se platform.