Haelkanon vs Knittex net
Kan jou haelnette swaar weer soos hael weerstaan? Knittex se nette kan!
Die haelkanon toets is self deur Knittex se span kundiges ontwerp, want geen masjien kon toets wat hulle wou sien nie: Kan Knittex se nette die groot, swaar haelkorrels wat teen ‘n stinkspoed val oorleef?
Die toets se resultate wys dat die materiaal wel die impak van hael nie net oorleef nie, maar ook teëstaan.
Na deeglike ondersoek en navorsing oor meteorlogiese data het die Knittex-span ‘n kanon ontwerp wat verskillende haelkorrels teen verskillende snelhede skiet om die perke van materiaal te toets. Met die toets kan hulle sien dat die standaard so hoog as prakties moontlik gehou word
So maak Knittex seker dat elke boer voorbereid is vir wat Moeder Natuur na jou kant toe gooi.
Om meer uit te vind oor Knittex se landbounetoplossings, besoek Knittex se webtuiste.