Categories: Artikels, Vee en Wild, VoedingPublished On: 12th December 2024

Grasse van Suid-Afrika deel 12: Pluime

By 5 min read
1052 words

23390

Witbuffelgras (Panicum maximum)

Hierdie gras groei graag in die skadu onder bome en struike. Dit verkies om in vrugbare grond te groei. Dit is die waardevolste weidingsgras in sy gebied, aangesien dit smaaklik is met ‘n baie hoë produksie. Voëls is lief vir die blompakkies.

Hoe ken ek dit uit?

• Groei in skadu
• Blompakkies is groen tot pers
• Blaarskede is harig

Knietjiegras (Eragrostis lehmanniana)

Hierdie gras groei goed in versteurde gebiede, veral in die Bosveld en Karoo. Dit is ՚n waardevolle weigras in droë gebiede, hoewel dit nie baie blaarryk is nie.

Hoe ken ek dit uit?

• Onderste blaarskede is papieragtig
• Bloeiwyse is ՚n oop pluim
• Knope is knievormig, soms wortelvormig

Voetpadgras (Eragrostis patentipilosa)

Die gras groei in alle grondsoorte, maar veral sandleem- en klipperige grond. Dit is ՚n goeie pioniergras wat versteurde kolle vinnig kan toemaak en help ook teen erosie. Voetpadgras, ook bekend as Cynodon dactylon of Bermuda-gras, het ‘n redelike hoë weiwaarde en word dikwels gebruik in weivelde.

Hier is ‘n paar belangrike punte oor die weiwaarde van voetpadgras:

Voedingswaarde:

Voetpadgras is bekend vir sy goeie voedingswaarde en verteerbaarheid, wat dit ‘n gewilde keuse maak vir weiding.

Aanpasbaarheid:

Dit is ‘n baie aanpasbare gras wat goed groei in verskeie grondtipes en klimaatstoestande, wat dit geskik maak vir gebruik in verskillende weivelde.

Herstelvermoë:

Voetpadgras het ‘n uitstekende herstelvermoë nadat dit bewei is, wat beteken dat dit vinnig kan teruggroei en ‘n volhoubare bron van voer kan bied.

Onkruidbeheer:

Dit kan help om onkruidgroei te beperk, wat bydra tot die algemene gesondheid van die weiveld.

Seisoenale groei:

Dit groei goed in die somer en kan ook in die winter oorleef, wat dit ‘n betroubare bron van voer maak deur die jaar.
Voetpadgras is dus ‘n waardevolle komponent van weivelde, veral in gebiede waar aanpasbaarheid en herstelvermoë belangrik is.

Hoe ken ek dit uit?

• Knope is donkerkleurig
• Blare is kort met ՚n skerp punt
• Wit hare aan bopunt van blaarskede

Vesel-fynsaadgras (Sporobolus stapfianus)

Vesel-fynsaadgras groei in vlak grond in skeure en holtes, waar min tot geen dreinering plaasvind. Dit is ՚n redelik smaaklike gras, maar het ՚n lae blaarproduksie. Die aantreklike gras word s Knietjiegras oms in tuine geplant.

Hoe ken ek dit uit?

• Blare is gerol en basaal gekonsentreer
• Bloeiwyse is fyn en oop
• Blare breek op in vesels

Rooifynsaad (Sporobolus festivus)

Rooifynsaad groei tussen rotse, veral graniet, en in klam grond. Hoewel dit smaaklik is, het dit ՚n lae
blaarproduksie. Dit speel ՚n belangrike rol om vlak grond te stabiliseer.

Hoe ken ek dit uit?

• Bloeiwyse is rooi
• Blompakkies is in rooi skakerings
• Fyn, digte polgras

Bloutwa (Stipagrostis hirtigluma)

Jy sal hierdie gras aantref in droë en warm dele. Dit is ՚n harde gras met min blare.

Hoe ken ek dit uit?

• Blare is draadvormig, gerol en styf
• Blompakkies het lang kafnaalde
• Blaarskedemond is harig

Langbeensteekgras (Aristida meridionalis)

Din sanderige Bosveldgebiede, die Kalahari en die Bosveld, dít is waar jy hierdie gras sal aantref. As dit nog vroeg in die seisoen is, kan hierdie gras as weiding benut word. Dit word ook gebruik vir besems, dekgras en blommerangskikkings.

Hoe ken ek dit uit?

• Langer as ander grasse in die omgewing
• Halms is pers
• Groot, oop pluim

Ystergras (Aristida diffusa)

Hierdie veelsydige gras groei in ՚n verskeidenheid grondsoorte. Dit is wel lief vir klipperige hellings. Die gras is
hard en onsmaaklik. Wanneer hierdie gras dominant in ՚n veld voorkom, kan dit ՚n teken van oorbeweiding wees.

Hoe ken ek dit uit?

• Blare is hard, smal en draadvormig
• Halms is onvertak
• Bloeiwyse is yl

Lossteekgras (Aristida congestasubsp. Barbicollis)

Lossteekgras groei in alle grondsoorte, veral leemgrond. Dit word slegs bewei terwyl dit nog jonk is. Die gras is wel ՚n
goeie aanduiding van oorbeweiding en versteurings.

Hoe ken ek dit uit?

• Bloeiwyse is ՚n oop pluim
• Lang, wit hare aan die blaarskyf

Grootrolgras (Aristida bipartita)

Hierdie gras groei graag in klam gebiede soos naby vleie. Dit groei goed in kleigrond. Die onsmaaklike gras het
min en harde blare.

Hoe ken ek dit uit?

• Bloeiwyse breek af wanneer dit volwasse raak
• Blare is hard
• Groei in kleigrond

Perssteekgras (Aristida scabrivalvis)

Perssteekgras groei in alle grondsoorte. Dit groei goed in versteurde grond en soms daar waar water versamel. Die gras word soms as ՚n onkruid gesien, maar kan maklik meganies beheer word. Die sade van hierdie gras kan kleinvee se velle indring en sere veroorsaak.

Hoe ken ek dit uit?

• Hele plant het ‘n pers skakering
• Blaarskede is saamgedruk
• Bloeiwyse is groot, oop en wydverspreid

Grootpluim-eragrostis (Eragrostis aspera)

Hierdie gras kom in Bosveldgebiede voor. Dit groei ook goed in versteurde grond en in skadu. In versteurde grond word hierdie gras ՚n onkruid, maar dit kan maklik meganies beheer word.

Hoe ken ek dit uit?

•Blompakkies is rooi tot pers
•Blaarskyf is oopgevou
•Bloeiwyse se vertakkings is grof en styf

Skadu-eragrostis (Eragrostis biflora)

Die gras groei in die Bosveld en in grasvelde. Skadu-eragrostis is lief vir skaduwee, soos die naam aandui, en groei daarom gereeld onder bome. Op party gebiede is dit ՚n belangrike pioniergras.

Hoe ken ek dit uit?

•Bloeiwyse is ՚n veelvertakte, fyn pluim
•Groei in skadu
•Blaarskyf is oop en sag

Gewone wildehawer (Avena fatua)

Hierdie gras groei dikwels in versteurde en sanderige grond. Alhoewel dit ՚n smaaklike weidingsgras is, is dit wêreldwyd ՚n onkruid. In Suid-Afrika is dit ՚n probleem in gebiede waar wintergraan verbou word. Die gras is moeilik om te beheer aangesien die saad tot nege jaar in die grond kan oorleef.

Hoe ken ek dit uit?

•Het bruin kafnaalde
•Alle dele van die plant is grof
•Blommetjies met bruin hare omring

Hooigras (Bromus pectinatus)

Hooigras groei in versteurde grond soos landerye, tuine en padreserwes. Dit is lief vir gebiede waar reënwater versamel. In landerye is dit soms ՚n onkruid, hoewel die probleem nie in Suid-Afrika is nie.

Hooigras

Hoe ken ek dit uit?

•Blare is oop en harig
•Blompakkies is skurf en groen
•Blompakkies is plat en harig

ProAgri sê dankie aan Frits van Oudtshoorn wat sy boek, Grasse van Suider-Afrika, beskikbaar gestel het as ՚n handleiding vir die reeks. Frits is ՚n weidingskonsultant en kan gekontak word by (+27)78-228-0008 of frits@alut.co.za.

Indien jy belangstel om meer oor die grasse van Suider-Afrika te leer, kan jy Frits se boek koop by Soutpansbergweg 121, Riviera, Pretoria of aanlyn via marketing@briza.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0