Categories: Artikels, VeilingsPublished On: 23rd August 2023

Goeie resultate word op die Brauvieh Nasionale Veiling behaal

By 1 min read
230 words

brauvieh

Duurste Brauviehstoetbul verkoop vir R90 000.

Op die 20ste Julie 2023, het die Brauvieh Nasionale veiling plaasgevind by die Afridome in Parys.

‘n Enorme applous is in orde vir die Braunvieh SA omdat hulle ‘n wonderlike Nasionale veiling suksesvol aangebied het. Die span by die Braunvieh Nasionale veiling wil graag hulle dank uitspreek teenoor al die verkopers en kopers wat aan die veiling deelgeneem het, asook die personeel by die Vleissentraal, vir al hulle harde werk.

Die gemiddelde en hoogste pryse van die dag

Bulle:

  • 9 Top Brauviehstoetbulle is aangebied en behaal ’n gemiddelde prys van R53 222.22. Die duurste bul, Lot 7 van Hans Bester van Witbek Braunvieh stoet in Vrede, word vir R100 000.00 verkoop Amar Bornman van Bornvieh Edms Bpk in Bultfontein.

Vroulike diere:

  • Die duurste stoetkoei en kalf, Lot 15, van Andre Reitsma vsn JC Braunvieh, is verkoop vir R 70 000.00 aan Dibros Beef van Kimberley (via Swiftvee).
  • 8 Dragtige stoetkoeie is verkoop en behaal ‘n gemiddeld van R 22 250.00. Die hoogste prys behaal was R30 000.00 vir ’n dragtige stoetkoei.
  • 10 Oop stoetverse is verkoop en behaal ‘n gemiddeld van R 17 850.00. Die hoogste prys behaal was R 25 000.00 vir ’n stoetvers.
  • 2 Oop stoetkoeie is verkoop en behaal ‘n gemiddeld van R 19 000.00.
  • 25 Oop kommersiële verse is verkoop en behaal ‘n gemiddeld van R 12 700.00. Die hoogste prys behaal was R 13 000.00 vir ’n vers.

As jy jou veiling wil bemark kontak:

Lynette van Tonder – 074 694 4422 – lynette@agri4all.com

Tiny Smith – 082 698 3353 – tiny@agri4all.com

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0