Categories: Vee en Wild, VeilingsPublished On: 15th July 2024

Goeie pryse by Nylsvlei Game Traders wildveiling behaal

By 3 min read
517 words

Lot 35 – Volstruis mannetjies – R 13,500

Lot 35: Duurste Volstruis mannetjie verkoop vir R 13 500.

Daar is niks so mooi soos die pragtige bosveld en wildlewe wat mekaar komplimenteer en vir die res van ons in bewondering los. Nylsvlei Game Traders bring beide bos en wild na die tafel toe met die uitstekende wildveilings wat jaarliks gehou word.

Nylsvlei Game Traders het op die 11de Julie 2024 hulle wildveiling gehou te Nylsvlei Game Boma, Mookgopong, en goeie pryse vir diere aangebied behaal.

Nylsvlei Game Traders spesialiseer in wildvang, behandeling, skuif, sortering, koop- en verkoop asook die vervoer van wild.

Lot 16: Duurste Swartwitpensbul verkoop vir R 64 000.

Hier is die veiling se gemiddelde uitslae:

Gemiddeld en hoogste pryse vir boma diere

  • Blesbok familiegroep: R4 093,42 met die hoogste prys van R5 250,00
  • Blesbok ooi: R4568,18 met die hoogste prys van R5 250,00
  • Blesbok ram: R4804,55 met die hoogste prys van R6 000,00
  • Eland bul: R25 857,14 met die hoogste prys van R39 000,00
  • Eland koei: R13 500,00 met die hoogste prys van R13 500,00
  • Gemsbok familiegroep: R14 120,00 met die hoogste prys van R20 000,00
  • Gemsbok koei: R18 000,00 met die hoogste prys van R18 000,00
  • Koedoe bul: R16 666,67 met die hoogste prys van R19 000,00
  • Njala bul: R10 000,00 met die hoogste prys van R15 000,00
  • Rooibok familiegroep: R2 000,00 met die hoogste prys van R2 000,00
  • Rooibok ooi: R2 038,71 met die hoogste prys van R2 200,00
  • Rooibok ram: R1 700,00 met die hoogste prys van R1 700,00
  • Rooihartebees bul: R25 000,00 met die hoogste prys van R25 000,00
  • Rooihartebees koei: R12 125,00 met die hoogste prys van R15 000,00
  • Sebra burchell familiegroep: R9 485,29 met die hoogste prys van R11 000,00
  • Sebra burchell hings: R12 500,00 met die hoogste prys van R12 500,00
  • Springbok familiegroep: R5 750,00 met die hoogste prys van R5 750,00
  • Swartwitpens bul: R49 571,43 met die hoogste prys van R64 000,00
  • Swartwitpens familiegroep: R12 000,00 met die hoogste prys van R12 000,00
  • Swartwitpens koei: R10 321,43 met die hoogste prys van R13 000,00
  • Swartwitpens koei met kalf: R13 000,00 met die hoogste prys van R13 000,00
  • Volstruis mannetjie: R10 857,14 met die hoogste prys van R13 500,00
  • Waterbok bul: R21 333,33 met die hoogste prys van R24 000,00
  • Wildebees blou bul: R9 670,00 met die hoogste prys van R15 000,00
  • Wildebees blou familiegroep: R4 714,29 met die hoogste prys van R5 750,00
  • Wildebees blou koei: R5 500,00 met die hoogste prys van R5 500,00
  • Wildebees goud bul: R21 000,00 met die hoogste prys van R24 000,00
  • Wildebees goud koei: R7 500,00 met die hoogste prys van R7 500,00
  • Wildebees konings bul: R49 500,00 met die hoogste prys van R66 000,00
  • Wildbees konings familiegroep: R20 000,00 met die hoogste prys van R20 000,00
  • Wildebees konings koei: R36 000,00 met die hoogste prys van R36 000,00
  • Wildebees konings split familiegroep: R6 000,00 met die hoogste prys van R6 000,00
  • Wildebees royal split: R5 500,00 met die hoogste prys van R5 500,00

Gemiddeld en hoogste pryse vir katalogus diere:

  • Blesbok ram: R4 250,00 met die hoogste prys van R4 250,00
  • Blesbok wit ram: R4 500,00 met die hoogste prys van R 4 500,00
  • Buffel bul: R134 750,00 met die hoogste prys van R 150 000,00

Die totale omset vir die dag behaal is R 3 747 050,00.

Lot 14: Duurste Koningswildebees verkoop vir R 66 000.

Dit vat werklik spanwerk en gespesialiseerde kennis om ‘n suksesvolle wildveiling te hou asook om met wild te werk.

Baie geluk aan die Nylsvlei span met ‘n goeie veiling en geluk ook aan al die kopers!

Besoek die Nylsvlei Facebook-blad by https://web.facebook.com/nylsvleigametrader en sien hoe word wildveilings gedoen!

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0