Categories: RecipesPublished On: 1st February 2016

Geurige kerriehoender

By 1 min read
145 words

9 GEURIGE KERRIEHOENDER

Lewer 6 porsies

  • 20 ml botter
  • 2 uie, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekneus
  • 8 hoenderborsies, in blokkies gesny
  • ’n knippie sout en varsgemaalde swartpeper
  • 7,5 ml kerriepoeier
  • 7,5 ml tandoori masala
  • 5 ml garam masala
  • 65 g (1 blik) tamatiepasta
  • 400 g (1 blik) klappermelk
  • 5 heel kardemomsade
  • 250 ml natuurlike jogurt
  1. Smelt die botter in ’n braaipan en soteer die uie en knoffel daarin tot sag.
  2. Voeg die hoenderborsies by en braai tot gaar.
  3. Geur met sout en peper. Plaas die hoendermengsel in ’n prutpot.
  4. Meng die kerriepoeier, tandoori masala, garam masala en tamatiepasta tot glad. Voeg bietjie van die klappermelk by en roer tot glad.
  5. Roer die kerriemengsel by die oorblywende klappermelk tot glad.
  6. Voeg die kerriemengsel en kardemomsade by die hoender in die prutpot. Kook vir 5 uur lank oor hoë hitte.
  7. Verwyder die kardemomsade. Roer die jogurt by en kook vir nog 1 uur lank oor hoë hitte.

Uit: Lekker & Vinnig 6: Hoender – LAPA samestelling  (Geurige kerriehoender, bl. 22-23)

L&V6_Hoender_sm

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0