Categories: Livestock and gamePublished On: 18th August 2025

Gallagher se geëlektrifiseerde heinings hou Hazyview se makadamianeute en mense veilig

By 2 min read
332 words

WhatsApp Image 2025-06-18 at 08.04.32

Toe Danie Janse van Rensburg in Hazyview op ‘n Makadamianeute plaas begin werk het was die plaas reeds beveilig met Gallagher se elktrieseheiningoplossings, sedertdien vertel hy het hulle nog nooit terug gekyk nie. Danie maak gebruik van twee van Gallagher se MBS6500i Energizers.

Hierdie Energizers vorm deel van die iSeries produk reeks wat meer krag aan jou heining voorsien. Die MBS6500i pas ook die spanningsuitset van die draad aan om heiningfoute te voorkom.

Die iSeries se toebehore gee vir jou 24 uur sewe dae ‘n week gemoedsrus deur jou toe te laat om jou heining konstant te monitor en beheer. Die Gallagher AG Devices toep voorsien jou ook met regstreekse data oor jou heining se prestasie, laat weet jou as daar foute op jou heining voorkom en laat jou toe om die heining aan of af te skakel.

Die eenheid kan deur enige van drie kragmetodes aangedryf word. Jy kan jou hoofstroom kragnetwerk, batterye of sonkrag gebruik om die Energizer aan te dryf.

“Ons ervaring met Gallagher is uitstekend,” vertel Danie. Hy glo dat daar wel verbtereinge gemaak kan word maar is ook baie opgewonde oor die tegnologiese verbeteringe wat Gallagher aanbring.

“Ek sal beslis Gallagher en hulle produkte voorstel aan enige iemand wat vra. Ons het so 16 km se heining en glo vir my hy piets baie hard,” vertel Danie terwyl hy lag.

Hy onthou een spesifieke geval waar die heinings hulle werk gedoen het. Op die plaas het hulle groot damme en van tyd tot tyd het hulle diefstal daar gehad. Sedert hulle Gallagher se geëlektrifiseerde heining gebruik word hulle drade nie meer geknip, of hulle plaas besteel nie.

“Daar was selfs ‘n geval waar ons ‘n boodskap gekry het oor die spanning in die draad wat geval het. Ons kon die skelms injaag en wegjaag, van daar af het ons nog glad nie weer probleme gehad nie,” verduidelik Danie.

Indien jy jou eiendom en familie wil beveilig besoek gerus Gallagher se webtuiste by www.gallaghersa.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0