Categories: NewsPublished On: 6th February 2017

Ford se verkope bly goed ondanks Kuga-drama

By 1 min read
234 words
Ford

ranger-xls_1800x1800

Ford Motormaatskappy van Suidelike Afrika se verkope vir Januarie 2017 het goed begin ondanks die drama met die eienaars wat hulle Kuga’s moes terugneem. Die Ranger oorheers die mark en die Everest-reeks het sy tweede hoogste verkope tot op datum bereik.

Met ‘n totaal van 6 634 voertuie wat in Januarie 2017 verkoop is was Ford se verkope 1,7% hoër in vergelyking met die selfde maand verlede jaar, terwyl die maatskappy se totale markaandeel op 14,5% geëindig het.

Die Mustang het sy beste verkope in Januarie ooit bereik met 128 eenhede en die EcoSport het die SUV-leier gebly. Die Ford Ranger-bakkie was die voertuig wat in Suid-Afrika die meeste verkoop is – 2 677 eenhede.

“Ons is dankbaar vir ons kliënte se vertroue in die Ford handelsmerk en ons reeks produkte ten spyte van die uitdagings wat verband hou met die veiligheidsherroeping vir die 1.6-liter Kuga,” sê Gerhard Herselman, hoofbestuurder van verkope vir Ford Motormaatskappy in Sub-Sahara Afrika-streek.

“Ford hanteer die kwessies oor die Kuga 1.6 en ons sal doen wat ons kan om kliënte se bekommernisse aan te spreek en om weer vertroue in ons produk te kry. Ons waardeer ons kliënte wat by ons staan in hierdie moeilike tyd en ons fokus daarom om die probleem op te los.”

Die Januarie 2017-bedryfverkoopsresultate wat deur NAAMSA (National Association of Automobile Manufacturers van Suid-Afrika) bekendgestel is, wys dat dit  3,7% hoër as in Januarie 2016 was.

Bron: Ford Motors

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0