Categories: Artikels, Vee en Wild, VeilingsPublished On: 13th May 2026

FIRNA se Bonsmara- en Simbra-aanteelveiling lok talle boere

By 1 min read
265 words

5

Op 7 Mei het FIRNA ’n uiters suksesvolle veiling op die plaas Harcourt in Tosca, Noordwes, aangebied wat talle kopers en boere gelok het. Altesaam 200 aanteeldiere vanuit FIRNA-bloedlyne, hoofsaaklik jong diere waarvan die meeste as 3-in-1 aangebied word, was te koop by die veiling.

Die hoogste prys wat behaal is vir ’n Bonsmara- dragtige koei en -kalf was R36 500 en die hoofste prys wat behaal vir ’n Simbra- dragtige koei en -kalf was R35 000.

Uys van Zyl, bestuurder van FIRNA se beeskudde, sê: “Die veiling het baie goed verloop en die direre was in ’n goeie kondisie. Die kalwers was lekker groot langs die koeie. Met seleksie en KI-teeldoelwitte kan ’n mens sien dat die gehalte van die koeie oor die jare verbeter het. Die vroeë reën het ook bygedra tot mooi diere wat ons kon aanbied.”

Uys wens al die boere geluk en bedank hulle dat hulle steeds opgedaag het ten spyte van al die uitdagings in die landboubedryf.

“Die Bonsmara-koeie het ons spesifiek beïndruk en goeie pryse behaal,” sê Uys.

Hier is die veilingsverslag:

FIRNA is ’n gevestigde familieboerdery wat sy ontstaan in 1989 gehad het toe Frans Engelbrecht sy eerste grond in die Molopo-distrik aangekoop en met slegs 27 koeie begin boer het. Vandag bou FIRNA voort met ’n kudde wat hoofsaaklik uit Simbra- en Simmentaler-tipes bestaan, aangevul deur suiwer Bonsmaras vir balans.

Belê in FIRNA en word deel van die FIRNA-familie deur dop te hou wanneer hul volgende veiling gaan plaasvind.

Kontakbesonderhede:

Uys Van Zyl: 079-767-3377 of e-pos cattle@firna.co.za

Michiel Engelbrecht: 083-281-2224

Dewald Marais: 082-853-3430

 

1

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

1