Elim BRANDT-reeks: ’n Slim voedingsbenadering wat opbrengs laat groei

IMG_8368
In ’n landbou-omgewing waar geen seisoen dieselfde is nie, raak dit al hoe belangriker vir boere om oplossings te gebruik wat nie net betroubaar is nie, maar ook aanpas by veranderende toestande. Vir boere soos Erasmus van Schalkwyk, wat al 26 jaar voltyds op die plaas Eendoring in Kroonstad boer, is dit presies waar die Elim BRANDT-produktereeks ’n verskil maak.
Erasmus, wat mielies en veral sojabone verbou, beskryf boerdery as ’n voortdurende proses van aanpassing. “Elke jaar bring nuwe uitdagings. Jy moet vat wat jy kry en die beste daarvan maak,” verduidelik hy. Dit is juis hierdie realiteit wat hom ses jaar gelede na die BRANDT-reeks gelei het; ’n besluit wat hy vandag as strategies beskou.

Erasmus van Schalkwyk, boer.
Volgens Erasmus lê die waarde van die reeks nie net in individuele produkte nie, maar in die geïntegreerde stelsel wat dit bied. Van die begin van die seisoen tot by die laaste groeistadium, bied die Elim BRANDT-reeks oplossings wat mekaar aanvul en versterk.
Hy verduidelik dat hy begin met produkte soos Homeland, wat vroeg in die seisoen gebruik word om plante se aanvanklike ontwikkeling te ondersteun deur sterk wortelgroei te stimuleer en vestiging te versnel, wat die opname van water en voedingstowwe verbeter. Daarna volg hy op met Smart Quatro, wat hy as ’n keerpunt in sy produksiepraktyke beskryf.
“Toe ek begin het om Smart Quatro te spuit, het ek dadelik ’n verandering in my gewasse gesien. Daar was minder stres en die plante het beter ontwikkel,” sê hy, danksy gebalanseerde blaarvoeding wat mikro-elemente vinnig beskikbaar stel en glifosaat-stres help verminder.”
Hierdie verbeterde plantreaksie is nie net visueel sigbaar nie, maar word ook in opbrengs weerspieël. Volgens Erasmus het hy ’n duidelike verbetering in beide plantgesondheid en uiteindelike produksie ervaar. Die finale stap in sy program sluit produkte soos Smart KB in, wat help om die seisoen sterk af te sluit deur kalium en boor te voorsien wat kritiek is vir saadontwikkeling, suikervervoer en effektiewe pit- en peulvulling.
![]() |
![]() |
’n Verdere komponent wat hy uitlig is die gebruik van Green Liquid, wat volgens hom ’n beduidende rol speel in wortelontwikkeling. “Sterker wortels beteken beter opname van voedingstowwe en water. Dit help die plant om deur moeilike toestande te kom en aan die groei te bly,” sê hy, terwyl dit ook plantenergie verhoog en herstel ná stres ondersteun.
Een van die grootste voordele wat Erasmus ervaar het, is die vermoë van sy gewasse om langer groen te bly. Hierdie verlengde groenblaarfase het direkte implikasies vir pitvulling. “Hoe langer die plant groen bly, hoe langer kan hy sy saad vul. Dit beteken swaarder pitte en uiteindelik meer inkomste,” sê hy.

Die Elim BRANDT-produktereeks wat Erasmus van Schalkwyk in sy program gebruik.
Vanuit ’n tegniese perspektief verduidelik Warick Heppell, landboukundige van Elim, dat die BRANDT-reeks gebaseer is op ’n unieke blaarvoedingsbenadering. Anders as konvensionele produkte, is hierdie reeks spesifiek geformuleer om maksimum opname en doeltreffendheid te verseker.

Warick Heppell, landboukundige van Elim.
“Die produkte bevat ’n mannitol-kompleks wat opname in die plant aansienlik verbeter,” verduidelik Warick. Hierdie tegnologie help dat voedingstowwe vinniger deur die blare opgeneem word en meer effektief binne die plant vervoer word – na waar dit die nodigste is, hetsy die wortels, blare of reproduktiewe strukture.
Nog ’n belangrike voordeel is dat die produkte versoenbaar is met glifosaat. Dit beteken boere kan hul voedingsprogram integreer met hul onkruidbeheerstrategie, sonder om die effektiwiteit van glifosaat te benadeel. Inteendeel, die blaarvoeding help om die stres wat glifosaat op plante kan plaas, te verminder.
Warick beklemtoon ook dat die formulering van die produkte gepatenteer is, wat beteken dat die molekules makliker deur die plant se kutikula en huidmondjies beweeg. Sodra dit binne die plant is, word dit vinnig versprei na groeipunte waar die vraag na voedingstowwe die hoogste is.

Hierdie fokus op tydige en doeltreffende voeding is kritiek, veral gedurende groeistadiums wanneer plante se voedingsbehoeftes op sy hoogste is. Blaarvoeding speel hier ’n aanvullende rol om tekorte aan te spreek en optimale groei te ondersteun.
Vir boere beteken dit ’n meer presiese en responsiewe voedingsbenadering – een wat nie net tekortsimptome regstel nie, maar ook proaktief opbrengspotensiaal ontsluit.
Erasmus se ervaring dien as praktiese bewys van hierdie beginsels. Vir hom gaan dit nie net oor produkte nie, maar oor resultate wat in die land sigbaar is en op die skaal meetbaar is.
In ’n tyd waar insetkoste styg en marges onder druk is, kan tegnologie wat werklik waarde toevoeg die verskil maak tussen ’n gemiddelde en uitsonderlike seisoen. Die Elim BRANDT-reeks bied aan boere ’n hulpmiddel om presies dit te bereik deur plante te ondersteun van vestiging tot oes, en elke groeistadium te optimaliseer.
Vir meer inligting, kan boere Elim se webwerf besoek by www.elimfertiliser.co.za om te bepaal hoe die Elim BRANDT-reeks in hul spesifieke produksiepraktyke geïntegreer kan word.

