Drotsky maak swaar werk ligter met die M100 hamermeul
_ProAgri Thumbnail (1) (1)
Francesco van Wyk wy uit oor die werking van ‘n M100 wat buite Bothaville op ‘n boer se plaas geïnstalleer is.
Drotsky se M100 hamermeul is geskik vir 1,2- tot 1,5-meter rondebale asook grootpakbale danksy die 1,4-meter maalkamer. Die ontwerp verseker dat die maalkamer met die hand gelaai kan word. Binne in die bak is ‘n swaardiens skarnierhaakketting met plat staalstawe wat die baal na die baalbreker skuif waar ‘n baalreker met 72 skerp getande lemme die baal opbreek en opsny.
Materiaal beweeg dan deur staaltande bo na die skeerstaaf waar dit eindelik in die hartjie van die hamermeul gemaal word deur twaalf hamers.
Vandaar kan dit in ‘n menger of in ‘n stoorkamer ingeblaas word.
Om meer te lees oor hierdie model, lees die artikel hier: https://proagri.co.za/trekkeraangedrewe-hamermeul-van-drotsky-maak-swaar-werk-ligter/
Besoek https://drotsky.co.za/hammer-mills/m100-bale/ om ‘n kwotasie te kry.