Dom Boer se lag vir die dag:

funny-animal-01
Aanskou die wonder
Twee boere staan net nadat ‘n mooi bui reën uitgesak het oor die heining en gesels.
Gawie: “ Ai, dit is heerlik. Die droogte is verby. Die reën kom, die aarde word nat en alles begin weer lewe. Binnekort sal die mielies wuiwend in die wind staan. Dit is ‘n wonderwerk van die natuur.”
Dawie: “Dit sal beslis ‘n wonderwerk wees. Ek het sojabone geplant.”