Dít is nou wat mens goeie genetika noem! Kom kyk by die Nu-Alcade veiling

12039-Veeplaas-180-x-115
Vir die eerste maal, vir die tweede maal… verkoop!
Die hamer gaan val by Nu-Alcade Bonsmaras se opkomende veiling. Hierdie groep is bekend vir hulle goeie genetika en die sterk, blink, roeskleurige bulle wat hulle teel.
Ná die sukses van hulle veiling vroeër vanjaar (klik hier om die hoogtepunte te sien) beloof hierdie een om nóg mooier, nóg beter Bonsmaras op te lewer.
Die Nu-Alcade Bonsmara-groep bestaan uit 13 telers wat in die noordoostelike gebied van Suid-Afrika top gehalte mediumraam Bonsmaras teel wat ‘n definitiewe bydrae tot enige beesboerdery se volhoubaarheid sal verseker.
Nie net lewer Nu-Alcade uitstaande teelmateriaal en diere nie, maar hulle bied ook gratis vervoer van bulle binne ’n radius van 350 km, sowel as 30 dae se omvattende versekering.
Die dragtigheid status van vroulike diere sal op die dag van die veiling beskikbaar wees.
Merk jou dagboek
Die veiling sal plaasvind op 26 September 2024, by Warmbad Veemark. Jy kan die koördinate 24°54’54.2” S 28°21’48.2” O op jou GPS volg tot by die bestemming. Maak seker dat jy 11:00 daar is, wanneer die veiling afskop.
Op aanbod
Soos altyd, het Nu-Alcade ’n hele rits diere op aanbod:
- 35 top Bonsmara SP bulle
- 125 uitstekende kommersiële vroulike diere
- 200 A-grade slagvee
- 200 C-grade slagvee
- 200 speenkalwers
‘n Bulbespreking deur Danie Olivier sal op 26 September om 10:00 plaasvind. Gratis aflewering is binne ʼn 350km radius beskikbaar, asook 30 dae se omvattende versekering op stoetbulle wat by die veiling verkoop is.
Vir enige navrae
Vir enige vrae, of om meer inligting te bekom, kan enige van die volgende nommers geskakel word:
Carel Chalmers (bemarker): (+27)82-896-9586
Hendrik van der Walt (bemarker): (+27)83-628-9301
Johan Bester (bemarker): (+27)82-838-8976
Mike Killassy (afslaer): (+27)82-378-8112
Craig le Roux (afslaer): (+27)82-808-7747
Besoek ook gerus enige van die onderstaande skakels:
Swiftvee aanlynskakel: https://auctions.swiftvee.com/auctions/nu-alcade-bonsmara-groep-37ste-produksieveiling-oAGl
Nu-Alcade webwerf: www.nualcadebonsmaras.co.za
Nu-Alcade Facebook: https://www.facebook.com/nualcadebonsmaras.co.za
Vleissentraal Bosveld Facebook: https://www.facebook.com/nualcadebonsmaras.co.za
Digitale katalogus: https://bit.ly/NA-DK-Sep24
Swiftvee-aanlynregistrasie: https://bit.ly/NA-SV-Sep24
YouTube-video’s van vee op veiling: https://bit.ly/NA-YT-Sep24
Vleissentraal voorafregistrasie: https://bit.ly/3WLBUeI