Categories: NuusPublished On: 2nd July 2018

Dirk de Koster: ‘n Leemte in die landboubedryf

By 1 min read
196 words
Dirk de Koster

DSC_0132

Dirk de Koster, mede-eienaar van Inttrac Trading, is die afgelope naweek aan kanker oorlede. Dirk was 56 jaar oud en laat sy vrou, Charlene en vier kinders, Kobus, Wilna, Karel en Arenda agter.

Vroeër vanjaar moes Dirk ‘n nier laat verwyder, maar die kanker kon nie gestuit word nie.

Dirk het diep spore in die landboumasjineriebedryf getrap met sy volgehoue soektog na toerusting om die boer se taak makliker te maak. Plaaslik vervaardigde masjinerie het ook by Inttrac die lig gesien en geen meganiese uitdaging was te groot vir hom nie.

Dirk het Inttrac Trading 25 jaar gelede begin en mense wat gereeld die R59 gebruik, ken almal die Inttrac-landmerk met die trekker op die hoë paal.

Jurry Kuipers, Dirk se vennoot, sal die toue saam met die res van die span optel en boere kan steeds verseker wees van Inttrac se goeie dienslewering.

ProAgri het ‘n lang pad saam met Dirk gestap en ons wens sy familie en kollegas alle sterkte toe. Dirk het ‘n reguit pad gestap. Ons sal hom mis.

Sy begrafnis vind Vrydag 6 Julie 2018 om 11:00 plaas by Meyerton begrafplaas. Daarna beweeg almal na die Gereformeerde kerk in Meyerton vir die roudiens wat 11:30 begin.

Dirk de Koster

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0