Video: Die Valtra Q-reeks, ‘n slim, gerieflike en kragtige trekker-reeks

QSeries
Die Valtra Q-reeks is ’n nuwe reks hoëkrag-trekkers wat die gaping tussen die T- en S-reeks vul.
Met ’n enjinuitset van 170 tot 224 kW en ’n 7,4 liter EcoPower-enjin, bied hierdie meesterstuk gevorderde slimtegnologie, ISOBUS/GPS-integrasie en ongeëwenaarde gerief.
Die ruim kajuit met uitstekende sigbaarheid, omgekeerde ry-opsie en ‘n pasgemaakte kajuit maak elke taak makliker.
Ontwerp vir veeleisende werk soos grondbewerking, vervoer en logistiek, waar betroubaarheid en doeltreffendheid saak maak.