Categories: Artikels, Besproeiing, NewsPublished On: 12th December 2025

Die spil waarom alles draai: Reinke kyk terug na ’n suksesvolle 2025 en sê dankie aan die mense agter die groei

By 4 min read
735 words

Reinke 2025-85

Reinke het op 28 November hulle jaar op besonderse wyse afgesluit met ’n jaareindfunksie en toekenningsgeleentheid by Crista Galli in Potchefstroom, ’n aand wat nie net sukses gevier het nie, maar ook die mense en vennootskappe wat dit moontlik maak.

Die funksie is bygewoon deur sowel Reinke Suid-Afrika en Reinke Afrika se handelaars, kliënte en personeel, en het gedien as ’n geleentheid om dank te betuig aan almal wat gedurende die jaar ’n bydrae gelewer het tot die maatskappy se groei en impak in die landboubedryf.

Erkenning en saamkuier

Die doel van die geleentheid was om erkenning te gee aan handelaars en kliënte, en om die jaar se hoogtepunte saam te vier. In ’n heerlik ontspanne kuier-atmosfeer het gaste die geleentheid gehad om verhoudings te versterk, stories te deel en vooruit te kyk na wat voorlê.

Erasmus Esterhuizen was die seremoniemeester vir die aand en Jakkie Louw en sy orkes het gesorg vir genoeg musiek en vermaak deur die loop van die aand.

Jakkie Louw en sy orkes het gesorg vir genoeg vermaak die heel aand lank!

Die toekennings vir 2025 is as volg:

Wenner: Handelaar van die jaar vir Suid-Afrika: OVK. Kobus Theron en Ignus Pretorius het die toekennings namens OVK ontvang.

Nominasie: Handelaar van die jaar vir Suid-Afrika: Agrimark. Meiring Hayward het die toekenning namens Agrimark ontvang.

Nominasie: Handelaar van die jaar vir Suid-Afrika: Hinterland. Johan Cromhout het die toekenning namens Hinterland ontvang.

Wenner: Handelaar van die jaar vir Afrika: Green 2 000, Zambië. Yair Atia het die toekenning namens Green 2 000 ontvang.

Nominasie: Handelaar van die jaar vir Afrika: Multicampo, Angola. Steve Shaw en David Lambie het die toekenning namens Multicampo ontvang.

Nominasie: Handelaar van die jaar vir Afrika: Driptech, Zimbabwe. Piet de Klerk het die toekenning namens Driptech ontvang.

Wenner: Kliënt van die jaar: Gerhard Joubert.

Nominasie: Kliënt van die jaar: ALS Grain ALS en Theo Ferreira het verskoning aangeteken (Anton Lombard het die toekenning namens ALS Graan ontvang).

Wenner: Toekenning vir Reën Reus-Groeivennoot: Castello Boerdery. George Enslin het die toekenning namens Castello ontvang).

Wenner: Reinke se Vriend Toekenning: Gert Rossouw van Gert Rossouw Boerdery en Vervoer.

Wenner: Reinke se Vriend Toekenning: Fanie du Toit van Blaizepoint Trading.

Eerste ontvangers van Reinke se Besproei Vir Groei Wisseltrofee: AgriTurf van Namibië. Sulene Oosthuizen het die toekenning namens AgriTurf ontvang.

Reinke sê ook dankie aan Werner Wolvaardt vir vyf jaar getroue diens by Reinke Afrika.

’n Jaar van groei en uitbreiding

Volgens Reinke was 2025 ’n jaar van merkwaardige vooruitgang. Die maatskappy se voetspoor en span het beduidend gegroei, nie net in Suid-Afrika nie, maar regoor Afrika. Hierdie groei vorm deel van ’n groter mylpaal, aangesien Reinke in 2026 reeds tien jaar in Afrika vier.

“Dit was vir ons ’n voorreg om saam met ons handelaars en kliënte die jaar se hoogtepunte te vier,” het Patrick Ellis, hoof- uitvoerende bestuurder van Reinke gedeel. “Ons waardeer julle ondersteuning, vertroue en toegewyde vennootskap deur die jaar.”

Die span, die spil waarom alles draai

Die jaareindfunksie het volgens Reinke se span presies weerspieël wat Reinke is: ’n warm en nederige span wat goed saamwerk en waarde heg aan egte verhoudings en wedersydse respek. “By Reinke glo ons om te besproei vir groei, nie net in die lande nie, maar ook binne ons gemeenskappe, ons mense en vennootskappe. Hierdie geleentheid het dit weer bevestig,” sê Patrick.

Reinke is ook bekend vir die manier waarop hulle hul personeel waardeer. By Reinke glo hulle dat hul span die spil is waarom alles draai en ook hulle grootste sterkpunt is. Daarom fokus hulle daarop om ’n omgewing te skep waarin elke spanlid voel hy of sy is deel van ’n ware spanfamilie. Wanneer mense floreer, floreer Reinke.

Fokus op 2026 en verder

Met 2026 om die draai, is Reinke se fokus duidelik: gehalte, diens en volhoubare vennootskappe bly van uiterste belang. Die maatskappy beoog om hulle teenwoordigheid in Afrika verder uit te brei, innovasie te versnel en handelaars en kliënte nog beter te ondersteun.

Sulene Oosthuizen, bemarkingskoördineerder van Reinke, sluit af: “2026 is vir ons ’n besondere jaar, tien jaar in Afrika. Ons sien uit daarna om hierdie mylpaal saam met ons mense, handelaars en kliënte te vier, en om saam groter waarde te skep en meer boere te help groei.”

Volg gerus Reinke op hulle Facebook-blad om op hoogte te bly van hul doen en late! Vir enige ander navrae besoek hulle webwerf of kontak hulle by 087-654-5828.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0