Categories: NuusPublished On: 20th August 2018

Die president van Agri NK oorlede

By 1 min read
127 words

henk en ronel van wyk

Ronel en Henk van Wyk

Die president van Agri Noord-Kaap, Henk van Wyk (60), is Saterdagmiddag (18 Augustus 2018) onverwags aan ‘n hartaanval oorlede.

Henk was ‘n skaapboer van die plaas, Vondelingsfontein, naby Calvinia. Hy was sedert 2011 president van Agri Noord-Kaap en het ook op die direksie van Agri SA gedien.

Sy vrou, Ronel, sê dat hy na middagete ‘n rukkie op die rusbank gaan lê het en hy is daar in sy slaap oorlede.

Henk se gasvryheid, humor en staaltjies het altyd die omgewing om hom opgehelder. Hy het dit sy werk gemaak om soveel as moontlik landbouverenigings te besoek en met die boere van die Noord-Kaap self te praat. Sy dood laat ‘n leemte in landbou in die streek.

Die begrafnisreёlings is nog nie bekend nie.

Bron: Nicol Jansen , ondervoorsitter, Agri Noord-Kaap

Henk van Wyk

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0