Categories: VideosPublished On: 26th May 2025

VIDEO- Die gras is altyd groener aan BRAZGrass se kant

By 1 min read
123 words

BrazGrass

BRAZGrass was die eerste gras stalletjie by NAMPO en sedertdien het hulle net uitgebrei. Gielie Niewoudt het onlangs by hul twalfde uitstalling tydens NAMPO 2025 vertel dat hulle gras 10 cm per dag groei.

BRAZGrass se gras is gemaak vir diere om te geniet en gesond te bly. BRAZGrass voer behandelde gras in wat deur droogte en nat tye altyd sal bly groei. Dit is meerjarige gras met ‘n hoër proteïene inhoud en geen blousuur.

In die laaste 15 jaar het BRAZGrass reeds 500 000 hektaar gevestig. BRAZGrass word voorsien deur boere en hulle laat die gras die praatwerk vir hulle doen.

Gaan maak ‘n draai op hulle webwerf by www.brazgrass.co.za om meer te leer oor hierdie kanniedood produk.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0