Die geluk het toegeslaan op Meyersvlei se sewende produksieveiling

Picture1
Hennie van Dyk en die Meyersvlei Bonsmara span het op 21 Junie 2023 hulle sewende produksieveiling gehou. “Ons is baie geseënd om hierdie dag saam met al ons geliefde familie en vriende te kon deel,” sê Hennie.
Hennie vertel dat die opkoms en samesyn van die dag sy hart verwarm het en ‘n groot sukses was, hy was in sy noppies met die diere se prestasie en mooi vertoning in die veilingsring en dankbaar vir die 100% verkope van die dag.
“Ons het ‘n puik veiling gehad, en ons is baie tevrede met die dag,”
het Hennie gesê.

Hennie toon sy dank aan BKB vir hulle harde werk en betroubare dienslewering en ProAgri wat sy veiling bevorder en so ‘n groot skare ingebring het.
“Gert Koch van Two Ships Trading wat om die draai van ons woon, het die duurste bul op veiling vir R180 000 gekoop. ‘n Uitstekende bul. Gert wat ons elke jaar so getrou ondersteun op ons veiling, wys dat hy in ons genetika glo, en ons is regtig bevoorreg en dankbaar daarvoor,” sluit Hennie af.
Die gemiddelde en hoogste pryse van die dag
Bulle:
40 Top Bonsmarastoetbulle is aangebied en behaal ’n gemiddelde prys van R65 160.00. Die duurste bul van Hennie, Lot 4, word vir R180 000 verkoop aan Gert Koch van Two Ships Trading, Standerton.
Vroulike diere:
25 vroulike diere is verkoop en die duurste vers is vir R 20 000.00 verkoop.

Kliek hier om na die video te kyk op ProagriMedia.
Kontakbesonderhede:
Vir meer inligting besoek en volg Meyersvlei se Facebookblad by https://www.facebook.com/MeyersvleiBonsmara, of skakel vir Hennie van Dyk (Eienaar) by +27 82 901 6327 of Tielie Crawford (BKB Bemarker) by +27 82 331 2038.
As jy jou veiling wil bemark kontak:
Tiny Smith – 082 698 3353 – tiny@agri4all.com
Lynette van Tonder – 074 694 4422 – lynette@agri4all.com