Daar is een ding beter as ‘n gronddam: ‘n Water digte gronddam

20250116_124131
Belinda Labuschagne is een van die lede van die DamPro-span wat hulle produk aan boere by die Balfour Hooidag bekendgestel het.
Elke boer weet dat ‘n dam een van die grootste bates vir ‘n plaas is. Die doel van ‘n gronddam is om water op te gaar. Die water word gebruik om o.a. gewasse te beproei en drinkwater aan diere beskikbaar te stel. Die uitdaging is egter dat ‘n dam vir solank as moontlik die water moet kan behou, veral deur die seisoen wanneer dit nie reën nie. ‘n Gronddam kan egter sorg vir vele kopsere as dit deur die vloer of wal lek, asook in die geval wanneer onwelkome alge die dam oorvat.
Dit is waar DamPro tot die redding kom met hul fantastiese produkreeks, DAMFIX!
Die DAMFIX reeks is spesifiek ontwikkel vir gronddamme wat lek of ‘n probleem met besoedelde water of alge het. Hierdie reeks bestaan uit drie produkte, DAMFIX Wet, DAMFIX Dry en DAMFIX Bio.
Die DamPro-span was onlangs by Balfour Hooidag, waar boere van die Balfour en Delmas opgewonde was om met hulle produkte kennis te maak.
DAMFIX Wet
DAMFIX Wet word gebruik wanneer daar reeds water in die dam is, maar die dam lek deur die vloer of deur die wal. Met hierdie produk is dit nie nodig om eers die dam te dreineer voordat jy die lek regmaak word nie.
DAMFIX Wet is ‘n polimeerpoeier wat bloot bo-op die water gestrooi word. Wanneer die poeier met die water in aanraking kom, vorm dit ‘n jellaag wat na die bodem toe afsak en met die grond bind om ‘n seël te vorm.
“Die gewig en drukking van die water forseer hierdie polimeer in die grond in sodat dit met die grond kan bind en die seël kan vorm,” verduidelik Belinda Labuschagne van DamPro.
Die produk is nie giftig vir diere wat die water drink of visse en plante wat in die water leef nie. Dit is veilig vir die gebruik in besproeiingstelsels en maklik om aan te wend. ‘n 20 liter DAMFIX Wet dek ‘n allemuntige 350 m² en swel tot 400 keer.
DAMFIX Wet het nie nadelige gevolge vir die natuurlewe in-en-om die dam nie.
- Dit is hoe DamFix Dry lyk. Die mengsel word dan die grond ingewerk om die bodem van die dam dig te verseël.
DAMFIX Dry
DAMFIX Dry word gebruik in nuwe damme of damme wat herstel word. Die produk word aangewend wanneer die dam leeg is. DAMFIX Dry word in die grond ingewerk en dan gekompakteer voordat die water ingetap word.
“Die kompaksie van die grond is baie belangrik vir hierdie produk. Dit help om vir die duursaamheid van jou dam te sorg,” vertel Belinda.
Die formulering van DAMFIX Dry behels ‘n kombinasie van unieke polimeer en minerale wat help dat die dam vinniger gevestig raak. Dit help ook dat die natuurlike seël vinniger vorm. ‘n Dam neem gewoonlik een tot twee jaar om te vestig, maar met DAMFIX Dry word die vestigingstydperk aansienlik verkort na drie tot ses maande.
Hierdie produk kan jou ook koste spaar. Tradisionele water digting metodes is heelwat duurder, maar ‘n 20 liter DAMFIX Dry dek 200 m² en swel tot 400 keer.
Die groot voordeel van hierdie produk is dat die seël glad nie gesien kan word nie wat die natuurlike lewe in-en-om die dam bevorder.
- Waneer DamFix Wet in aanraking met water kom aktiveer dit en vorm dit ‘n jel wat na die bodem van die dam sak en lekplekke verseël.
- By Balfour Hooidag se DamPro-stalletjie kon boere kyk hoe DamFix Wet werk.
- DamFix Dry se werking is ook by Balfour Hooidag gedemonstreer.
DAMFIX Bio
Die nuutste produk in die reeks is DAMFIX Bio. Hierdie produk word spesifiek gebruik vir algebeheer.
Die produk bestaan uit ‘n mengsel van mikrobes wat “goeie” bakterieë is. Hierdie mikrobes is geformuleer om komplekse proteïne, vette, olie en sellulose te verteer. Die DAMFIX Bio-mengsel is reeds aangemaak en die vloeistof kan net so in jou dam gegooi word.
Hoewel die produk vir damme aanbeveel word, kan dit ook gebruik word vir munisipale gryswater, septiese tenks en vele meer. DAMFIX Bio kan in gronddamme, sinkdamme en sementdamme gebruik word.
DAMFIX is ‘n trots Suid-Afrikaanse produkreeks wat in Kempton Park vervaardig word en landwyd beskikbaar is. Die produkte is reeds gemeng en reg om gebruik te word. Applikasie van elke produk is eenvoudig en kan ‘n maklike doen-dit-self projek wees.
Vir ‘n vinnige en doeltreffende manier om jou dam reg te kry, besoek gerus hulle webtuiste by www.damfix.co.za vir meer inligting.