Categories: Artikels, GewasproduksiePublished On: 30th September 2025

Cerealis wys boere die pad na presisie by NAMPO Kaap

By 4 min read
808 words

DSC01003

Johan Reichel, area-bestuurder van Cerealis Precision en Robert Baines, besigheidsbestuurder by Furrow Management Systems by NAMPO Kaap 2025.

Cerealis het hulleself oor die jare gevestig as ’n betroubare vennoot vir boere wat streef na presisie, akkuraatheid en doeltreffendheid in hul boerdery. Met ’n passie vir vooruitstrewende landboutegnologie en praktiese oplossings, fokus hulle daarop om boere te help om elke hektaar se volle potensiaal te ontsluit.

Tydens NAMPO Kaap het Cerealis, saam met Rovic, gewys hoe presisietegnologie boere se bestaande werktuie kan omskep in moderne, slim toerusting wat opbrengste verhoog en kostes bespaar.

Praktiese oplossings vir boere

Volgens Johan Reichel, area-bestuurder van Cerealis Precision vir die Noord-Kaap, Vrystaat en Wes-Kaap, is Cerealis se kernfokus die ná-verkope (aftermarket) segment van presisietegnologie. Dit beteken dat boere nie noodwendig nuwe planters, stropers of spuite hoef aan te skaf nie.

“Met die regte tegnologie kan ons jou bestaande werktuie en toerusting opgradeer en verbeter en dit in presisietoerusting omskep,” verduidelik hy. “Ons is hier om die boer geld te spaar, sonder dat hy weer van vooraf moet belê in nuwe masjinerie.”

Waarom presisie die toekoms is

Johan beklemtoon dat die gebruik van presisietegnologie jaar na jaar meer gewild raak. “Ons sien al hoe meer produsente wat hierin belê, juis omdat insetkostes so duur is. Boere moet op maniere fokus om kostes te verlaag en terselfdertyd opbrengste te verhoog, en presisietegnologie maak dit die moeite werd,” sê hy.

’n Wye portefeulje van oplossings

Cerealis bied ‘n omvattende reeks produkte en tegnologie aan wat in verskillende boerderybehoeftes voldoen. Dit sluit in Precision Planting, Weed-It presisiespuiting, In-Furrow toediening en hulle heel nuutste toevoeging tot die portefeulje – PTx Trimble. Hierdie oplossings bied boere die geleentheid om hulle boerdery meer presies, volhoubaar en winsgewend te bestuur.

Een van die sleutelprodukte wat Cerealis boere aan boere bied, is die Symphony Nozzle beheer.

Symphony Nozzle beheer en Vision-tegnologie

Een van die sleutelprodukte wat Cerealis boere op die ná-verkope segment bied, is die Symphony Nozzle beheer, ’n PWM-gebaseerde sisteem wat elke spuitpunt/nozzle individueel kan beheer.

Dit werk met “turn compensation” en “soft control” om selfs die rye in die draai te akkommodeer en die spuitwerk glad te laat verloop. Wat dit besonders maak, is die toevoeging van die Vision-kamerastelsel. Hierdie tegnologie neem foto’s terwyl jy in die lande werk, identifiseer blaarstadiums en selfs spesifieke onkruid, en kan dan net daardie areas spuit – of dit nou blaarvoeding vir mielies is, of selektiewe onkruidbeheer. Die kombinasie van Symphony en Vision maak dit moontlik om presiese, doelgerigte toediening te doen, wat opbrengs en kostedoeltreffendheid aansienlik verbeter.

Die Weed-It sisteem was prakties aan boere gewys by NAMPO Kaap.

Weed-It bespuiting (Weed-it spot spraying)

Nog ’n vernuwende oplossing is die Weed-it spot spraying sisteem, wat op byna enige spuit geïnstalleer kan word. Hierdie tegnologie identifiseer die chlorofil in plante en spuit net die teikenplant. Met ’n akkuraatheid tot 25 km per uur en ’n resolusie van 1 cm by 1 cm, kan boere selfs gespesialiseerde instellings gebruik soos die dash-funksie, wat die koring of ander gewasse beskerm terwyl alleen die uitstaande bossies of ongewenste plante gespuit word. Die besparing op chemiese insette kan tussen 80 en 95% wees, wat die opbrengs op belegging vir boere uiters aantreklik maak.

Furrow Force – optimering van grondkompakheid

Aan die agterkant van die planter vind jy die Furrow Force, wat soortgelyk werk aan die bekende Delta Force. Hierdie tegnologie meet die grond 200 keer per sekonde en verseker dat die saailing geen lug- of digtheidsprobleme ondervind nie. Dit skep optimale wortelontwikkeling en ondersteun die mielie om gesond en sterk te groei, selfs onder uitdagende grondtoestande.

Die Furrow Management stelsel se kernfunksie is om vermorsing te beperk.

Furrow Management – presisie in vloeibare toediening

Robert Baines, besigheidsbestuurder by Furrow Management Systems Australië, verduidelik dat hulle produk deur Cerealis ingevoer word en spesifiek ontwerp is vir in die ry toediening van vloeibare kunsmis en voeding tydens planttyd.

Die stelsel se kernfunksie is om vermorsing te beperk deur gebruik te maak van non-drip valves. Dit beteken dat wanneer jy aan die einde van ’n ry kom en jou vloeistoftoediening afskakel om te draai, geen produk uit die pypie drup nie, die laaste druppel bly binne die pyp, gereed vir die volgende ry.

Hierdie tegnologie is veral waardevol wanneer groter planters opvou, want dit voorkom mors oor die masjien en verseker dat elke druppel presies by die plantjie uitkom. Die stelsel werk vir beide groot en klein saadplanters, sowel as vir ry-planters waar vloeibare kunsmis of voeding toegedien word, en dra by tot verhoogde akkuraatheid, kostebesparing en optimale opbrengs.

Cerealis – ‘n strategiese vennoot

Cerealis fokus op die verbetering van bestaande toerusting en die beskibaarheid van moderne presisietegnologie daardeur bewys Cerealis dat hulle ’n strategiese vennoot is in elke boer se pad na volhoubare sukses. By NAMPO Kaap het hulle weer eens gewys dat presisie nie ’n luuksheid vir jou plaas is nie, maar ’n noodsaaklike belegging vir die toekoms van landbou.

Vir meer inligting oor hulle oplossings en produkte besoek gerus hulle webwerf.

 

1

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

1