Jokes
Dom Boer se lag vir die dag:
‘n Kwessie van smaak Gas in Spug: “Kelner, hier is ‘n vlieg in my kos.” Kelner: “Vlieë is maar so, Meneer – hulle gee glad nie om watse gemors hulle vreet nie.”
Dom Boer se lag vir die dag:
Welkom in die stad Dominee Kol Lekteer het al die jare op die platteland gewoon. As hy met sy stasiewa gaan huisbesoek doen, het hy ou Jonas saamgeneem om al die plaashekke oop te maak. As hulle na so ‘n string huisbesoeke terugry dorp toe vra dominee Kol Lekteer:[...]
Dom Boer se lag vir die dag:
Skitterende oplossing! Slim Sarel het uiteindelik die gesukkel om parkeerplek te vind oorkom – hy het ‘n motor gekoop wat reeds geparkeer is.
Dom Boer se lag vir die dag:
In die kol Lenie Langneus: “My dogter sê ek is nuuskierig en bemoeisiek en ek respekteer nie haar privaatheid nie.” Vriendin: “Het sy dit reguit in jou gesig gesê?” Lenie Langneus: “Nee, ek lees dit in haar dagboek.”
Dom Boer se lag vir die dag:
Gevaarlike ding Ek is baie bly dat e-pos nou die faksmasjien vervang het. Ek onthou nog daardie dag toe my das in die faksmasjien beland het en die volgende oomblik was ek in Kaapstad.