Jokes
Dom Boer se lag vir die dag:
Geen ydele waarskuwing Gawie raadpleeg prokureur Skraap Sug. Prokureur Skraap Sug: “My tarief werk so: Vir elke vraag wat ek beantwoord, betaal jy R500; vir twee antwoorde R1 000 en so aan.” Gawie: “Vyfhonderd rand per antwoord! Dink jy nie dit is darem te veel nie?” Prokureur Skraap Sug:[...]
Dom Boer se lag vir die dag:
By die steenmakery Klant: “Ek wil asseblief 40 000 bakstene bestel.” Steenmaker: “Wil jy ‘n huis bou?” Klant: “Nee ek wil net ‘n braaiplek bou.” Steenmaker: “Maar 40 000 stene is mos veels te veel vir ‘n braaiplek.” Klant: “Nie as jy in ‘n woonstel op die veertiende vloer[...]
Dom Boer se lag vir die dag:
Nonsensie Wat is geel, vlieg teen ‘n paal vas, slaan morsdood neer, maar staan later op en vlieg verder? – ‘n Reïnkanarie
Dom Boer se lag vir die dag:
Boerseun Daar is ‘n broodjie in die oond en Pappa wil die nuus op ‘n mooi manier aan Gawietjie oordra. Pappa: “Wat wil jy eerder hê – ‘n klein boetietjie of ‘n klein sussietjie?” Gawietjie: “As dit nie te veel kos nie, wil ek liewer ‘n hond hê.”
Dom Boer se lag vir die dag:
Heeltemal onmoontlik Daar loop so flusses twee hoenderhenne voor my kantoordeur verby en duidelik sê die een hoenderhen vir die ander een: “Dit is darem vrek warm vandag.” Die ander een antwoord: “Hou jou bek, man – hoenders kan nie praat nie.”