Dom Boer se lag vir die dag:
By die steenmakery
Klant: “Ek wil asseblief 40 000 bakstene bestel.”
Steenmaker: “Wil jy ‘n huis bou?”
Klant: “Nee ek wil net ‘n braaiplek bou.”
Steenmaker: “Maar 40 000 stene is mos veels te veel vir ‘n braaiplek.”
Klant: “Nie as jy in ‘n woonstel op die veertiende vloer woon nie.”