Jokes
Dom Boer se lag vir die dag:
Heeltemal moontlik Gas in Spug: "Kelner, daar is 'n wurm in my slaai. Ek kan dit nie eet nie." Kelner: "Hoekom nie? Is jy 'n vegetariër?"
Dom Boer se lag vir die dag:
Hulle sê: Ons gewone mense se spreekwoord lui: “Hoogmoed kom tot ‘n val”; Prokureurs se spreekwoord lui: “’n Eis om skadevergoeding kom na ‘n val.”
Dom Boer se lag vir die dag:
Regtig gevaarlike kapers Is die storie waar wat hulle my vertel van die bende wat ‘n vliegtuig vol politici gekaap het? Hulle dreig glo om elke uur een vry te laat totdat daar aan hulle eise gehoor gegee word.
Dom Boer se lag vir die dag:
Redelike vraag Ek hoor die slim ouens sê iemand wat maklik koud kry is KOULIK. Is iemand wat maklik oud word (soos ek) dan OULIK?
Dom Boer se lag vir die dag:
Vandag se aflewering van Dom Boer se lag vir die dag is effens skuinserig, daarom word dit maar liewer teruggehou. Daar mag dalk net mense wees wat aanstoot neem.