Jokes
Dom Boer se lag vir die dag:
Elkeen volgens sy talent Beskuldigde in hof: “Kry tog nou einde met julle knaende uitvraery na tye, plekke en aantal slagoffers – ek is ‘n massamoordenaar; nie ‘n boekhouer nie.”
Dom Boer se lag vir die dag:
Die reine waarheid ‘n Koerantjonge staan op die straathoek en skree: “Vyfhonderd mense verneuk met ‘n klomp liegstories.” ‘n Verbyganger koop ‘n Rapport by die koerantjonge en toe hy wegstap hoor hy die jonge skree: “Vyfhonderd-en-een mense verneuk met ‘n klomp liegstories.”
Dom Boer se lag vir die dag:
Geen verlies Geskokte motoris oor telefoon: “Polisie? Polisie? Ek het so pas ‘n springbok doodgery. Wat moet ek nou doen?” Konstabel: “Ag nee wat, Meneer. Die jagseisoen is oop en dit is geen oortreding om ‘n springbok dood te ry nie. Maak maar biltong van hom.” Geskokte motoris: “Dankie[...]
Dom Boer se lag vir die dag:
Die spanning loop hoog Boeksoeker: “Kan jy dalk ‘n goeie, oorspronklike speurverhaal aanbeveel?” Bibliotekaris: “O ja. Bloed in die Laan is ‘n uiters spannende speurverhaal en eers op die heel laaste bladsy kom jy agter dat die moordenaar al die tyd die vriendelike buurman is.”
Dom Boer se lag vir die dag:
Die wraak is soet Moeg gewerk sak die slim vrou op die treinbank neer en sluit haar oë om ‘n bietjie te ontspan na ‘n dag se eerlike arbeid. ‘n Gladde mannetjie plak hom langs haar neer en pluk sy selfoon uit. Hy skakel en begin dan so hard[...]