Jokes
Dom Boer se lag vir die dag:
Vas, maar vry Verkeerskonstabel Seeka Braaib keer ‘n man in ‘n gehawende motorkarrietjie voor. Seeka Braaib: “Hierdie hoop skroot waarmee jy ry val uitmekaar uit. Ek sal dit onder geen omstandighede ‘n motorkar kan noem nie.” Man: “Dit is baie gaaf, want ek het nie ‘n rybewys nie. Nou[...]
Dom Boer se lag vir die dag:
Wie nie soek nie sal vind ‘n Man en sy vrou besoek ‘n groot winkel en in die winkel raak die vrou net weg. Die man soek haar oral, maar kan haar glad nie kry nie. Oplaas kry hy ‘n plan. Hy loop ‘n pragtige jong nooi by en[...]
Dom Boer se lag vir die dag:
Redelike vraag Heinie en Hennie eet saam in ‘n restourant. Heinie sny ‘n stuk vleis af, steek sy vurk daarin en hou dit voor sy gesig om dit te aanskou. Heinie: “Sou dit nou beesvleis wees of varkvleis?” Hennie: “Aan watter kant van die vurk?”
Dom Boer se lag vir die dag:
In ‘n eetplek in die Alpe Gas: “Kelner, ek het net een kaastoebroodjie bestel – hoekom bring jy vir my drie?” Kelner: “Ag ek is jammer Meneer, ek kan maar net nie die eggo’s hier in die berge gewoond raak nie.”
Dom Boer se lag vir die dag:
Middagete in Spug Gas: “Kelner, hier dryf ‘n gehoortoestelletjie in my sop.” Kelner: “Speak up! I cannot hear you.”