Categories: JokesPublished On: 29th January 2018

Dom Boer se lag vir die dag:

By 1 min read
171 words

HORSE X

Die wraak is soet

Moeg gewerk sak die slim vrou op die treinbank neer en sluit haar oë om ‘n bietjie te ontspan na ‘n dag se eerlike arbeid.

‘n Gladde mannetjie plak hom langs haar neer en pluk sy selfoon uit. Hy skakel en begin dan so hard klets dat al die mense in die wa nie ander kan as om alles te hoor nie.

Gladde mannetjie: “Hallo Liefie, ja, dit is ek, Heinie… ek is in die trein, op pad huis toe… ja, ek weet dit is die halfsewetrein; nie die halfvyftrein nie… nee Kokkeloksie, die vergadering het toe langer aangehou as wat ek gedink het… nee, regtig – die vergadering was met die base; nie met die bestuurder se blonde sekretaresse nie… nee, nooit nie, Engelbekkie – jy weet mos jy is my enigste… nee, ek sal jou mos nooit verneuk nie…

Terdeë gatvol leun Slim Vrou na Heinie se selfoon oor en sê met haar soetste stemmetjie: “Ag Heinie, los nou die ou draak en kom terug bed toe…”

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0