Categories: GewasproduksiePublished On: 21st January 2025

Case IH en NMI skitter by Balfour Hooidag 2025

By 2 min read
359 words

DSC_0115

Balfour Hooidag 2025 het boere, landboukundiges en vervaardigers bymekaar gebring om die jongste tegnologie en toerusting in aksie te sien. Onder die hoogtepunte van die dag was Case IH en NMI (Northmec Implemente), wat ‘n reeks vernuwende produkte gedemonstreer het.

André Olwagen, produkportefeuljebestuurder by Case IH, het die dag afgeskop deur te beklemtoon hoe belangrik tegnologie vir moderne landbou is. Volgens André staan boere voor die uitdaging om meer voedsel te produseer met dieselfde hoeveelheid grond. Dit is hier waar tegnologie ‘n sleutelrol speel, veral wat betref die benutting van data en gevorderde masjinerie.

Case IH se wêreldklasbaler in aksie.

Hy het ook die uitnemende werk van AgriMech SA , Case IH se handelaar in Balfour, geprys. AgriMech SA het hulleself gevestig as een van die top 10 handelaars in Suid-Afrika en het ‘n groot rol gespeel in die sukses van Balfour Hooidag.

Die ster van die vertoning aan Case IH se kant was die 455 Case IH-baler, ‘n veranderlikekamerbaler met ‘n 2,3 m opteller en unieke soomlose dryfbande wat die toonbeeld van betroubaarheid is. Die baler het ‘n skerm waarmee die boer volledige beheer vanuit die trekker se kajuit kan uitoefen – ideaal vir boere wat aandring op maksimum doeltreffendheid.

André Olwagen en Daniel Dames by Balfour Hooidag 2025.

Daniel Dames, produkspesialis by Case IH en verkoopsbestuurder by NMI, het die verskeidenheid werktuie wat tentoongestel is, verduidelik. Aan Case IH se kant was daar verskeie balers, insluitend die 545 vastekamerbaler, asook die MD-reeks driepunt-tolsnyers wat met vyf tot sewe tolle beskikbaar is.

Aan die NMI-kant het die Sitrex-reeks indrukwekkend presteer. Hierdie reeks sluit in DM-snyers met snyskyfbeddens van vier tot sewe snyskywe, sowel as die Sitrex SR420 en SR5500-kragharke, wat betroubare prestasie bied. Ook beskikbaar is die inlyn-harke en V-harke, sowel as belugters van 3m tot 5,8m – perfekte oplossings vir alle hooibewerking.

Die dag is afgesluit met ‘n uitnodiging aan boere om AgriMech SA te kontak vir spesiale promosies op wêreldklas Case IH en NMI-toerusting. Hierdie gebeurtenis het weer bewys hoe tegnologie en vennootskappe in die landbousektor saamwerk om boere se sukses te verseker.

Besoek die Case IH webtuiste by www.caseih.co.za asook die NMI webtuiste by www.northmecimp.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0