Categories: Vee en Wild, VeilingsPublished On: 4th February 2026

Bulle wat praat vir hulself: Buckridge se bulaanbod – Fotos & beskrywings

By 12 min read
2267 words

Buckridge Bonsmara-NLS-Jan20262

Wanneer prestasie, konsekwentheid en genetiese uitnemendheid bymekaarkom, is die resultaat duidelik sigbaar in die bulle wat Buckridge Bonsmaras vanjaar op hul komende AANLYN veiling aanbied. Met ’n streng en doelgerigte teelbeleid oor jare heen, lewer Buckridge weer ’n besonder sterk string bulle wat vir hulself praat, bulle met bewese aanpasbaarheid, funksionele tipe en ekonomiese waarde vir die kommersiële en stoetboer. 

Hier volg ’n nadere kyk na die bulle op aanbod:

Lot 1

Buckridge begin die veiling met ‘n baie sterk bul op aanbod: BF 23-201. Hy is die eerste van 9 seuns van SYF 17-256 wat Buckridge vanjaar aanbied. ‘n Vroegryp, donkerrooi bul met baie goeie diepte en balans. ‘n Manlike bul met goeie bevlesing, sterk toplyn en mooi stertwortel aanhegting.

BF 23-201 kan met gemak gebruik word om verse mee te dek met kalwingsgemak waarde van 121 asook die feit dat hy myostatin normaal getoets het.

Sy Ma, BF14-416 is een van Buckridge se staatmaker koeie met ‘n TKP van 375 dae oor 8 kalwers, die ouma BF 08-426 het ook TKP van 375 dae gehad. BF 23-201 het ‘n versvrugbaarheids-indeks van 104 wat aandui dat sy dogters vrugbare koeie sal wees. Ons glo hy gaan groot aanwins wees vir enige kommersiële kudde. Kyk sy video hier.

Lot 2

BF 23-17: Een van Buckridge se gunstelinge! Nog vroegryp seun van SYF 17-256 met uitstekende balans, diepte en kapasiteit. Goed gevul agter die blaaie, ‘n sterk toplyn, mooi testes- en skede en goeie kloue. Hierdie is ‘n manlike bul met goeie vel- en haar asook ‘n mooi skof ontwikkeling. Sy Ma is dogter van V15-338 geteel deur Hannes van den Berg van Reivilo wat ‘n groot impak gehad het die laaste paar jaar op die Buckridge se kudde saam met SYF 17-256. ‘n Bul met goeie waardes: Vrugbaarheid 103, groei 107 en uitstekende versvrugbaarheids-indeks van 115.

BF 23-17 het Buckridge self in hulle kommersiële kudde gebruik en sy nageslag is indrukwekkend! Kyk sy video hier

Lot 3

SFM 22-05 is geteel uit ’n besondere mooi moeder, SYF 09-24. Sy het in 16 jaar 13 kalwers gehad met ’n TKP van 365 dae. Hy is ’n donkerrooi vroegryp bul met baie goeie diepte, balans, kapasiteit en ’n sterk toplyn.

SFM 22-05 is ’n funksioneel korrekte bul met ’n sterk agterkwart met goeie binne- en buitedye asook goeie kloue en ’n lang stert. Hy is nog ’n baie goeie normale myostatien-seun van SYF 17-256. Hierdie bul beïndruk werklik!

SFM 22-05 het goeie seleksiewaardes op kalwingsgemak, vrugbaarheid en onderhoudswaarde. Kyk sy video hier

Lot 4

SFM 23-13 is ’n top vroegryp- agtpunt-bul uit SYF-Molopo embrioprogram. Die bul het baie kenmerke wat enige Bonsmara-boer wil hê in ’n stoetbul!

Hy is ’n baie korrekte bul met goeie lengte, balans, diepte, breedte en kapasiteit. Hy het mooi testes en skede en baie goeie kloue asook ’n lang stert.

Sy seleksiewaardes is goed gebalanseerd met die meeste rondom 100 en ’n baie goeie groeiwaarde van 111.

Sy ma, SYF 07-182, was een van die top skenkerkoeie in SYF-Molopo embrioprogram met baie diepte in haar stamboom. Sy spog met drie uitstekende normale myostatien-seuns op aanbod vanjaar in Lot 4, 8 en 9.

Hulle beskik oor genetika wat voorspelbaarheid teel! Kyk sy video hier.

Lot 5

SYF 22-351 is sekerlik die mees indrukwekkende bul op aanbod vanjaar, hy is ‘n toonbeeld van SYFERFONTEIN se top genetika!

SYF 22-351 is ‘n vroegryp bul en dra ongelooflike klomp vleis met myostatin normale status. Wat hom besonders maak is sy bouvorm het daardie bietjie ekstra breedte, diepte en kapasiteit. Dan is hy struktureel korrek met goeie testes- en skede asook goeie kloue en ‘n mooi lang stert. Hy het manlike kop met goeie breedte tussen sy oë en ‘n sterk bek.

Buckridge het hom met goeie sukses op verse gebruik – sy nageslag in SYF-Molopo en Syferfontein kuddes beïndruk met baie van die nageslag in die top 10% met keurings. Sy syfers is mooi gebalanseerd wat hom ‘n top keuse maak vir enige stoet kudde! Kyk sy video hier.

Lot 6

BF 23-69 het diepte en kalwingsgemak, eienskappe wat baie stoet- en kommersiële telers wil vaslê in hul kuddes.

Hy is ’n manlike donkerrooi bul met balans asook ’n gladde vel en haar. Die bul beskik oor voldoende breedte en hy het ’n mooi skrotum en skede.

BF 23-69  spog met ’n kalwingsgemakwaarde van 136, ’n onderhoudswaarde van 119 en ’n baie goeie lengte- enhoogteverhouding van 1:26. Hy is ’n spesialisbul wat betref kalwingsgemak en met sy uiters goeie diepte kan hy ’n belangrike aanvullende rol speel in sy volgende kudde. Kyk sy video hier.

Lot 7

BF 23-75: “easy flessing” is die eerste indruk as jy na hierdie bul kyk met goeie vleisdraende eienskappe.

Hierdie is ‘n diep, manlike bul met ‘n baie mooi kop en goed ontwikkelde oogbanke. Daarmee saam kom balans, kapasiteit en goeie beenstruktuur ook. Baie kommersiële telers vra vir ‘n “all rounder” bul en na Buckridge se mening voldoen hierdie bul aan die status. Hy is nog top bul uit die SYF 17-256 en V 15-338 kombinasie wat goed werk in die Buckridge kudde. Seleksie waardes wat uitstaan is sy kalwingsgemak van 104, vrugbaarheid van 104 en onderhoud van 135, asook baie goeie indeks op vers-vrugbaarheid van 116.

Buckridge vertrou dat hy goeie impak sal maak in sy volgende kommersiële kudde! Kyk sy video hier.

Lot 8

SFM 23-15 is ’n volbroer van Lot 4 en 9, en hy kom uit SYF-Molopo embrioprogram. Hierdie bul is die perfekte pakkie!

SFM 23-15 … onthou hierdie nommer…

Buckridge verwag baie van sy nageslag. Uit die drie volbroers op aanbod vanjaar, is hy die een met die beste gebalanseerde syfers met ’n uitstekende hoogte- en lengte verhouding van 1:30!

Hy is ʼn donkerrooi stoetbul en het ’n oorvloed diepte, breedte en kapasiteit. Benewens dit het hy ’n lang lyf, en bespiering met ’n normale myostatien-status. Hy is, nes sy broers, ook vroegryp. SFM 23-15 is ’n korrekte bul met ’n baie mooi skrotum en skede.

Buckridge is opgewonde om so ’n besonderse bul aan die Bonsmara-bedryf beskikbaar te stel. Kyk sy video hier.

Lot 9

SFM 23-12 is die laaste volbroer van Lot 8 en Lot 4 op aanbod. Die bul beskik oor goeie manlikheid, balans, diepte en kapasiteit wat vasgelê is in die kombinasie van SYF 07-182, sy moeder, en SYF 17-256, sy vaar. SFM 23-12 toon ook goeie breedte en ’n sterk toplyn. Hy is ’n korrekte bul met goeie testes en kloue en is ook goed gevul agter die blaaie. SFM 23-12 is ’n indrukwekkende bul.

Hy beskik oor goeie kalwingsgemak, groeiwaardes en ’n indrukwekkende lengte-hoogte-verhouding van 1:28. Nes sy broers het die bul ook ’n normale myostatien-status wat hom geskik maak om op verse te gebruik. SFM 23-12 is werklik ’n goeie “all rounder”. Kyk sy video hier.

Lot 10

SFM 23-01 is die toonbeeld van manlikheid. Hy is die beste seun wat Buckridge geteel het uit SYF 20-225, wat teruggaan na die bekende SYF 15-155 en SYF 12-90 aan vaderskant. Hierdie bul het baie diepte in sy stamboom wat voorspelbaarheid teel. Sy moeder, SYF 05-171, wat een van SYF Molopo se skenkerkoeie in Buckridge se embrioprogram was, spog met 15 kalwers in 17 jaar teen ’n TKP van 385. Dus is langlewendheid nog ’n uitsonderlike kenmerk van hierdie bul!

Hy is ’n donkerrooi, geharde, vroegryp bul met baie goeie bespiering asook goeie kloue.

Hierdie bul het baie goeie bogemiddelde seleksiewaardes en ’n ongelooflike lengte-hoogte-verhouding van 1:31.

Buckridge verwag dat hy sy stempel sal afdruk wat betref uitstekende konformasie in sy nageslag. Kyk sy video hier.

Lot 11

ROM 22-223 is een van die beste LAR 18-98-seuns wat Buckridge geteel het.

Hy is ’n manlike bul met lengte, breedte en bespiering. Hy het ’n goed ontwikkelde skof, ’nmooi toplyn en skrotum asook sterk kloue.

ROM 22-223 het goed gebalanseerde seleksiewaardes om op koeie te gebruik. Hy is ’n bul wat swaar speenkalwers teel met ’n baie goeie lengte-hoogte-verhouding van 1:29 en ’n speenindeks van 109.

Buckridge het hom in hul kudde gebruik met goeie sukses en hulle vertrou dat hy ’n baie positiewe impak sal maak in sy volgende kudde. Sy moeder, ROM 15-194, spog sewe kalwers oor agt jaar en ’n gemiddelde speen-indeks van 106 en ’n TKP van 366. Kyk sy video hier.

Lot 12

BG 20-78 is ’n beproefde kuddevaar met goeie data wat Buckridge aanbied. Hy is geteel uit die Bonsmara- genepoel-groep wat Buckridge aangekoop het by Bonka Bonsmara (Gert Olivier) se produksieveiling in 2024.

Hy is ’n manlike stoetbul met baie goeie lengte van lyf en breedte regdeur, ’n indrukwekkende agterkwart sowel as kloue! BG 20-78 beskik ook oor baie goeie aanpasbaarheidseienskappe veral wat betref vel en haar.

Sy data stel nie teleur nie met deurlopende bogemiddelde tot baie goeie syfers. Hy het ’n baie goeie nageslag in die Buckridge-kudde wat hulle opgewonde maak oor die toekoms!

Kyk sy video hier.

Lot 13

SFM 23-11 uit Buckridge se embrioprogram kom uit diep Syferfontein-genetika!

Sy moeder, ADV 04 165, het beskik oor diepte, kapasiteit en breedte. Sy het 20 jaar lank diens gedoen in die Syferfontein-kudde met ’n TKP van 382.

SFM 23-11 is nog een van die nege seuns van SYF 17-256 wat Buckridge aanbied, en hy beskik oor ’n ongelooflike genetiese kombinasie wat enige kudde se genetiese poel sal aanvul.

Hy is ook ’n vroegryp bul met ’n ongelooflike lengte-hoogte-verhouding van 1:31!

Hierdie manlike bul het breedte, diepte, balans en kapasiteit, met ’n goeie breë kop en bek sowel as sterk oogbanke. Kyk sy video hier.

Lot 14

SFM 23-21 is ’n embriokombinasie van SYF 16-241, sy vaar, en ADV 08-153, sy moeder. Daar is ook ou bekende name in sy stamboom, soos SYF 10-72, AG se J8 en AG 98-12.

Die bul tiek ook die “all rounder”-boksie. Hy het goed gebalanseerde, bogemiddelde seleksiewaardes met ’n normale myostatien-status.

SFM 23-21 is ’n donkerrooi, gladde bul met lengte en bespiering, asook ’n sterk toplyn, skrotum en kloue.

Hierdie bul moet nie misgekyk word nie. Kyk sy video hier.

Lot 15

ROM 23-245 is ’n halfbroer van Lot 11 en hulle het dieselfde moeder, ROM 15-194, en hy is geteel deur oom Wynand Bester. Almal streef daarna om met diere te teel wat voorspelbaarheid teel!

Hier is so ’n geleentheid, aangesien belangstellendes dié bul, wat afkomstig is van ’n bul-moeder, aan te skaf. OB 19-44, sy vaar, was verlede jaar se indrukwekkende Lot 10 op Buckridge se vyfde produksieveiling. Sy vaar is geteel deur Bonka Bonsmara (oom Johan en Gert Olivier).

Hy is ’n struktureel korrekte bul met breedte, diepte en kapasiteit en hy het ’n goeie testes en skede.

ROM 23-245 beskik oor goeie data om op koeie te gebruik met speenmaternaal, speendirek en groeidata wat jou oog vang.

Moet hom nie misloop nie! Kyk sy video hier.

Lot 16

SFM 23 07 is ’n donkerrooi, manlike bul met ‘n goeie vel en haar, aangepaste eienskappe, lengte en bespiering met ’n goeie toplyn, skrotum en skede.

Hy is ’n goeie seun van SYF 16-241 (vaar) en SYF 10-271 (moeder). Sy was ’n top skenkerkoei in die SYF-Molopo- embrioprogram en het ’n TKP van 392 oor nege kalwers gehad.

SFM 23-07 het ook ’n ongelooflike lengte-hoogte-verhouding van 1:33.

Aangesien hy oor soveel genetiese diepte beskik, vertrou Buckridge dat hy ’n positiewe bydrae gaan maak by sy nuwe tuiste. Kyk sy video hier.

Lot 17

ROM 23-203 toon goeie lengte, bespiering en breedte oor sy rug.

Hy is ’n seun van AG 16-50. Vanweë sy vaar, het hy ’n sterk kop en oogbanke. ROM 23-203 het ’n mooi toplyn, skrotum en goeie kloue en hy is goed gevul agter sy blaaie. Sy ma, ROM 19-270, het ’n TKP van 375 en ’n speenindeks van 111.

Hierdie bul het goeie diepte in sy stamboom met voorgeslagte soos LAR 01-176, V 09-260 en ADV 07-154. Kyk sy video hier.

Lot 18

BF 23-251 is ’n donker, manlike bul met lang bespiering, ’n goeie kop en skof sowel as goeie kloue en testes.

Sy seleksiewaardes en indeksdata beïndruk met speenmaternaal  (106) en speendirek (104) wat hom ideaal maak vir die teel van goeie speenkalwers. Kyk sy video hier.

Lot 19

BF 23-105, wat uiters geskik is vir die teel van speenkalwers, se moeder is die uitstekende BF 17 258 wat die dogter is van VV12-478 (’n vyfsterbul). Haar vaar is LAR 18-98.

BF 23-105 se seleksiewaardes is indrukwekkend wat betref  gebruik op koeie met die doel om swaar speenkalwers te teel vir voerkrale.

Hierdie bul se bouvorm komplementeer die bogenoemde waardes met sy sterk beenstruktuur. Hy dra baie vleis en beskik oor diepte en breedte! Kyk sy video hier.

Lot 20

BF 23-123 is nog ’n bul wat speenkalwers van ’n hoë gehalte gaan teel! Hy is ’n seun van AG 16-50 en sy ma is die staatmakerkoei, BF 12-60. Sy was 13 jaar in die Buckridge-kudde met ’n TKP van 398 dae.

Hy is ’n robuuste bul met diepte en balans asook goeie breedte. BF 23 123 dra ook baie vleis. Kyk sy video hier.

Lot 21

BF 23-131 is ’n langlyf-bul met ’n gladde vel- en haar, sowel as baie goeie bespiering en ’n mooi lang stert. Hy is ’n seun van LEL 16-99 wat geteel is deur Carey Lee. Sy ma is ’n dogter van AG 13-505 wat ’n positiewe inpak op die Buckridge-kudde gehad het. Sy speenkalfwaarde van 111 en groei van 102 maak hom ’n ideale kandidaat vir speenkalfproduksie. Kyk sy video hier.

Lot 22

Buckridge sluit die bul-aanbod af met BF 23-255, ’n goeie “all rounder” met ’n normale myostatien-status. Hy is nog ’n seun van OB 19-44, verlede jaar se Lot 10. Sy moeder, ROM 15 135, het in agt jaar sewe kalwers gelewer met ’n TKP van 372 dae.

Sy data toon goed gebalanseerde syfers, naamlik geboortegemak (109), speenindeks (111) en groeiwaarde (111). Kyk sy video hier.

Registreer en bie aanlyn op SwiftVee se platform: Hier.

 

Vir enige navrae oor Buckridge se komende aanlyn veiling, kontak vir Frans Seevinck by 082-348-7533 of vir Ian Brown by 082-789-3634.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0