Boschoek en vriende hou blink Bonsmara-veiling

Lot 1
Duurste bul (Lot 1 - AH 22-036) van Boschoek Bonsmaras verkoop vir R 300 000 aan Up George Bonsmaras.
Op Vrydag 18 Julie 2025 het Boschoek Bonsmaras en vriende, ’n uiters suksesvolle veiling aangebied te Warmbad Veemark. Beide die stoet- en kommersiële diere het puik gevaar, met uitstekende pryse wat behaal is.
André van der Heyde het ná afloop van die dag gesê: “Ons is ongelooflik dankbaar vir elke koper en ondersteuner wat saam met ons dié mylpaal gedeel het. Dit was ons eerste onafhanklike veiling, maar eintlik reeds die vyftiende suksesvolle veiling vir Boschoek Bonsmaras. Ons is geseënd – nie net met goeie pryse nie, maar met goeie vriende, sterk netwerke en mentors wat vir jare saam met ons die pad stap.”
Hy het verder beklemtoon dat die Bonsmara-bedryf voel soos ’n familie: “Dit is mense met integriteit en waardes wat onwrikbaar agter die ras staan. Dit skep vir ons ’n stewige fondament waarop ons met die ras kan boer.”
Jannie Senekal, deel van Boschoek se bestuurspan, het hulle trots en vertroue in die diere beklemtoon: “Elke dier van Boschoek sowel as ons vriende wat ons op die veiling aangebied het, is met oorgawe uitgesoek. Dit is van die beste genetika wat ons kudde bied. Ons nooi elke koper om in kontak te bly — ons is net ’n oproep ver en wil graag terugvoer ontvang en self op die plase besoek aflê.”

Duurste dragtige vers (Lot 53 – AH 23-154) van Boschoek Bonsmaras verkoop vir R 200 000 aan Genetic Link.
Boschoek Bonsmaras bedank elke koper, belangstellendes en al die ondersteuners vir hulle teenwoordigheid en lojaliteit. “Ons sien uit daarna om almal volgende jaar weer te verwelkom.”
Gemiddelde en hoogste pryse op stoet bulle en vroulike diere:

Gemiddelde en hoogste pryse op kommersiële vroulike diere:
