Categories: Artikels, VeilingsPublished On: 12th April 2024

Bonsmara-genetika op veiling wat enige stoet vorentoe sal vat

By 1 min read

Picture1

Met sewentien suksesvolle produksieveilings agter die rug, lê die opwinding swaar tussen die telers om vanjaar die agttiende veiling by te woon en weer deel te wees van die hoogstaande gehalte wat die Vlakte Bonsmarastudiegroep bied.

Die studiegroep is sewentien jaar gelede gestig deur Tian Kruger, Hardus de Beer, Cheem Prinsloo, Johan Mong en Jean Gouws. Met die hoë mikpunt van streng keuring en gesondheidstandaarde van goedgekeurde en geregistreerde Bonsmara-bulle en -kuddes, is die uitstekende gehalte waarna Vlakte Bonsmara streef, die oorsaak van die groep se merkwaardige groei tot 20 lede vandag.

Telers raap Vlakte Bonsmara se genetika gretig op en hierdie agttiende veiling is beslis ook nie een om mis te loop nie. Kyk net watter skitterteelmateriaal word aangebied:

  • 35 bulle
  • 250 vroulike diere in alle produksiestadiums

Die Vlakte Bonsmara-studiegroep verseker 400 km gratis vervoer op alle aankope en 30 dae allesomvattende dekking op bulle.

Die veiling word aangebied en uitgesaai deur SwiftVee en die katalogus sal binnekort op hulle webtuiste beskikbaar wees.

Vlakte Bonsmara-studiegroep nooi almal hartlik uit na hierdie jaar se agttiende produksieveiling op die plaas, Doornpan, Roedtan, op 3 Mei 2024 om 11:00. Merk jou kalender en kom deel in die opwinding van bewese top genetika.

Vir meer inligting, kontak enigeeen van die bemarkers:

  • Hendrik van der Walt: 083-628-9301
  • HP van der Walt: 081-011-2049

Besoek die Vlakte Bonsmara-studiegroep by https://www.vlaktebonsmara.co.za/ of stuur ’n e-pos na vlaktebonsmarasg@gmail.com

Besoek die Vlakte Bonsmara-studiegroep se facebookblad by https://www.facebook.com/VlakteBonsmaraStudiegroep/

Volg die Vlakte Bonsmara WhatsApp-kanaal: https://www.youtube.com/watch?v=6LKGhGaQr3E

Kyk hier! Uitnodiging na Vlakte Bonsmara se agttiende produksieveiling:

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment