Categories: Artikels, NuusPublished On: 21st April 2026

BOERnet: Slim besluite op jou plaas begin by jou data

By 4 min read
878 words

639475791_122108682447227704_1834072204134161708_n

In vandag se boerdery-omgewing is tyd een van ’n boer se kosbaarste hulpbronne, en bestuur op die plaas vra meer as net harde werk; dit vra slim, ingeligte besluite. Met insetkoste wat aanhou styg en marges wat onder druk is, kan geen boer dit bekostig om op raaiwerk staat te maak nie. Tog is belangrike data oor grond, weer, gewasse, vee en masjinerie dikwels verspreid oor verskillende stelsels en platforms.

Hier bied BOERnet ’n praktiese oplossing vir boere: Een geïntegreerde, slim platform wat al jou plaasdata saambring en dit omskep in praktiese besluite wat winsgewendheid verbeter en jou help om met sekerheid vorentoe te boer.

Van data na daadwerklike besluite

“BOERnet is een platform wat al jou plaas se data bymekaar bring, van arbeid, brandstof, oesdata, stroper- en kunsmisdata tot alle insette,” verduidelik Maritz Pieters, mede-eienaar van BOERnet. “Alles word op ’n interaktiewe, intuïtiewe platform saamgevoeg wat jou in staat stel om op aktuele data besluite te neem.”

Op hierdie platform kan boere grond- en blaarontledings, satelliet- en hommeltuigbeelde, weerdata, masjineriegebruik en vee-inligting integreer, alles in ’n eenvoudige, verstaanbare formaat. Die waarde hiervan lê daarin dat data nie net beskikbaar is nie, maar bruikbaar word.

Dit beteken dat jy as boer nie meer hoef te wonder wanneer om te plant of te spuit nie, BOERnet wys jou die optimale tyd, gebaseer op werklike toestande op jou plaas. Insette soos kunsmis en chemikalieë kan presies daar aangewend word waar dit nodig is, wat vermorsing beperk en koste verlaag.

Ken jou syfers, bestuur jou wins

Benewens produksiebesluite bied BOERnet ook ’n duidelike prentjie van jou finansiële prestasie. Met insigte soos koste per hektaar, wins per land of kamp, en kontantvloei-tydsberekening, kan boere vinnig sien wat werk en wat nie.

Vir veeboere is daar ewe groot waarde: kampbestuur, weidingsiklusse en diereprestasie kan noukeurig gemonitor word, wat beter besluitneming en meer doeltreffende benutting van hulpbronne en data moontlik maak.

Die werklikheid op die plaas

Vir Danie Bester, ’n boer uit die Balfour-omgewing, is die uitdaging rondom data en bestuur ’n daaglikse werklikheid:

“Sonder data kan ek nie my boerdery effektief bestuur nie,” sê hy. “Op die oomblik gebruik ek verskillende platforms vir elke afdeling van my boerdery. Daar is nie een plek waar ek alles kan sien nie, dit beteken ek moet heeltyd rondspring tussen stelsels, en dit raak ’n kopseer, want tyd is beperk.”

Hy wys ook daarop hoe tydrowend dit is om rou data bruikbaar te maak: “Grondmonsters wat van die laboratorium af kom, vat ure om te verwerk in ’n formaat waarmee jy werklik kan werk. Dit is iets wat minute behoort te vat, maar nou neem dit ure uit my dag.”

Hierdie tydsverlies het ’n direkte impak op besluitneming. “Baie keer, teen die tyd wat jy die inligting het om ’n besluit te neem, het jy reeds ’n geleentheid gemis. Toegang en spoed is krities, veral as marges so klein is soos wat dit nou is.”

Maritz Pieters van BOERnet saam met Danie Bester, boer van die Balfour-omgewing in een van Danie se mielielande.

Presisieboerdery wat sin maak

Presisieboerdery gaan nie net oor die insameling van data nie, dit gaan oor die vermoë om daardie data vinnig te verwerk en om te skakel in besluite wat finansieel sin maak.

“BOERnet versamel nie net data nie,” sê Maritz. “Ons platform omskep dit in praktiese, winsgedrewe besluite en gee jou onmiddellike toegang tot al jou inligting. Ons vat verspreide data en bring dit alles bymekaar.”

Vir Danie lê die waarde juis hierin: “Ek wil elke dag weet waar ek staan met my rand en sent, wat is my wins per hektaar, wat is die waarde van my oes en wat is die potensiaal? Met alles op een platform kan ek vinnig sien waar ek moet aanpas.”

Hy voeg by dat boere vandag meer as ooit afhanklik is van akkurate, tydige inligting: “Ons werk met die natuur, weer speel ’n groot rol. As jy vinnig kan sien wat aangaan en waar probleme is, kan jy vinniger optree en beter besluite neem.”

Alles op een plek, alles onder beheer

Die ware krag van BOERnet lê daarin dat dit die groot prentjie vir die boer sigbaar maak. Wanneer al jou data op een plek saamkom, kry jy nie net ’n oorsig nie, jy kry beheer.

“Hoe meer beheer jy oor jou data het, hoe beter verstaan jy hoe alles bymekaar inpas. Dit help jou om geleenthede raak te sien en vinnig aanpassings te maak. Ons is baie opgewonde om die BOERnet-platform by ons boerdery te integreer,” sê Danie.

BOERnet gaan egter ’n stap verder: dit wys nie net wat gebeur nie, maar ook waarom dit gebeur en wat om volgende te doen. Met slim waarskuwings en aanbevelings, van spuitvensters tot vogvlakke, kry jy die regte inligting op die regte tyd om vinniger en beter besluite te neem.

Neem beheer van jou boerdery

BOERnet stel boere in staat om weg te beweeg van raaiwerk en oor te skakel na data-gedrewe, winsgerigte boerdery. In ’n tyd waar elke inset tel en elke besluit ’n verskil maak, bied hierdie platform die insig en beheer wat moderne boerdery vereis.

Laai BOERnet se volledige brosjure af vir meer inligting:

 

Vir navrae, kontak Digi Rock by info@digirockinnovations.com of 071 407 5641.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0