Bewaar jou kosbare besittings in ‘n Magnum Kluis

DSC_0739
Gawie du Toit is direkteur van Magnum Kluise wat sedert 1988 kluise van gehalte vervaardig.
Wat is ‘n huis sonder ‘n kluis? Die meeste huiseienaars in Suid-Afrika, hetsy in stede of op plase, het vuurwapens wat volgens wet veilig in ‘n kluis bewaar moet word. Te dikwels word berig hoe onskuldige mense wreed met hulle eie vuurwapens aangeval word deur inbrekers wat enigiets buit waarop hulle hulle hande kan lê.
In ‘n veranderende wêreld waar niks en niemand veilig is nie, bied Magnum Kluise se wye reeks kluise die nodige gemoedsrus teen bekostigbare pryse.
Gawie du Toit, direkteur van Magnum Kluise, was een van die uitstallers by vanjaar se NAMPO by Bothaville in die Vrystaat.
Volgens Gawie bestaan Magnum Kluise sedert 1988 en die bedryf groei steeds.
“Dit is wat ons vir ‘n lewe doen: Ons bou kluise,” sê hy. “Ons is geseënd en die onderneming doen goed.”
Die bedryf verander daagliks en Magnum Kluise pas gedurig by die veranderende behoeftes aan om die leier in die bedryf te bly. ‘n Groot reeks kluise word by die fabriek in die Koedoespoort-nywerheidsgebied in Pretoria vervaardig.

‘n Groot verskeidenheid kluise word by die fabriek in Koedoespoort-nywerheidsgebied in Pretoria vervaardig.
‘n Kluis vir elke doel
Geweerkluise in verskillende groottes is toegerus met staanrakke vir van twee tot sestien gewere, asook ingeboude rakke vir veilige bewaring van ammunisie, oorskerms, skoonmaak- en ander toerusting wat met vuurwapens verband hou.
Kleiner kluise vir handwapens, juwele, dokumente en skootrekenaars is ook beskikbaar. Daar is ook kluise vir kontant, hetsy op die perseel van ‘n onderneming of in ‘n gepantserde geldwa vir veilige vervoer.
Hoewel standaard kluise beskikbaar is, kan kluise ook gepasmaak word om aan die klant se besondere behoeftes te voldoen. Magnum Kluise lewer aan handelaars, asook direk aan klante.

Magnum Kluise vervaardig standaard-grootte kluise, maar kan ook ‘n kluis pasmaak volgens ‘n klant se besondere behoeftes.
Gebou om te hou
Die kluise word van hoëgehalte getemperde staal in ooreenstemming met huidige wetgewing vir die veilige bewaring van vuurwapens en ammunisie vervaardig.
Elke Magnum-kluis is toegerus met ‘n sewe-hefboom swaardiens tuimelslotstelsel met twee sleutels wat verseker dat die inhoud van die swaar kluise ontoeganklik bly vir ongewenste persone.
Magnum Kluise voldoen aan die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde (SABS) se streng vereistes. Die wande van die kluis is 3 mm dik en die deur 6 mm.
Kluise word voorsien van gate in die vloer en agterste paneel sodat die kluis op die vloer en teen ‘n muur van ‘n onderneming of in ‘n woning vasgebout kan word.
Die gewig van die kluise hang af van die grootte. So weeg ‘n kluis vir twee gewere 60 kg, ‘n kluis vir nege gewere 120 kg, en een vir 16 gewere 140 kg. Die kleiner kluis vir ‘n handwapen weeg 9 kg en het net gate in die agterkant vir vasboutdoeleindes. Waar ‘n Magnum-kluis vasgebout is, bly dit staan!
Kontakbesonderhede
Kontak Gawie du Toit by 082-665-5967 of 012-391-7380 of stuur ‘n e-pos na magnumsafeza@gmail.com of magnumsafesquotes@gmail.com, of besoek die webtuiste by https://www.magnumsafes.co.za/ of fabriek by Steenbokstraat 17, Koedoespoort-nywerheidsgebied, Pretoria.