Categories: Artikels, Meganisasie, PlanttoerustingPublished On: 16th April 2024

Besoek LEMKEN by NAMPO 2024

By 3 min read
525 words

muthing 1

LEMKEN is soos oudergewoonte ‘n bekende uitstaller  by NAMPO Park met hulle staatmaker en geharde  planterreekse  asook  grondbewerkerkingstoerusting wat sorg vir ’n gesonde saadbed en hoë opbrengs.

Vanjaar gaan hulle ook weer die Müthing-deklaagbewerker (mulchers) en die groter Solitair DT by NAMPO hê.

Die Müthing-reeks kom net soos LEMKEN se bekende blou werktuie van Duitsland af.

Blackie Swart van LEMKEN SA sê: “Boere wil nie meer koringreste brand nie. Hulle het na ‘n ander oplossing gesoek om massas materiaal te hanteer, en LEMKEN se Müthing is die perfekte antwoord.”

 “Ons het gesoek na werktuie wat net so effektief  soos LEMKEN funksioneer en ons het die Müthing-deklaagbewerkers in Duitsland gevind,” sê Blackie.

Müthing het werktuie vanaf 1 meter wyd tot 8,6 meter en daar is modelle wat langs, agter of voor die trekker werk.

By NAMPO verlede jaar kon boere kyk na die 3-meter MU Vario en die 6,7-meter MU Farmer. By NAMPO 2024 sal daar verskeie meer modelle te sien wees en is Müthing een van die vervaardigers van deklaagbewerkers wat spog met die grootste reeks van verskillende toepassings.

Die MU-Vario kan na albei kante toe verskuif met ongeveer 56 cm om by te kom waar die trekker nie kan ry nie. Die roller kan ook in verskillende posisies gemonteer word wat die materiaal agter of voor die roller uitlaat.

Blackie sê: “Die getemperde hamers bestaan uit ‘n boronkarbiedalloi, so dit is baie sterk en het ‘n drie-jaar waarbog teen brekasie. Elke hamer aan die roller weeg 2,7 kg wat ‘n heftige kap veroorsaak.”

Dit is maklik om die 6,7-m MU-Farmer agter die trekker te haak en na enige plek te sleep, tussen lande en tussen plase. By die werkplek word dit afgehaak, die trekstang vou op, die wiele word uitgeswaai, dit word dan aan driepunt gekoppel en jy is reg vir ‘n baie aggressiewe en deeglike bewerking van massas materiaal.

Die Müthings kan op hulle eie gebruik word, maar pas uitstekend in ‘n totale bewerkingsprogram saam met jou LEMKEN Karat of Rubin vir saadbedvoorbereiding.

Solitair DT

Die LEMKEN Compact Solitair wat ‘n kombinasieplantereenheid is, word vervang met die Solitair DT.

Hierdie eenhede doen saadbedvoorbereiding en herkonsolidasie van die grond, en die resultaat is ’n perfekte saadbed oor die totale werkswydte van jou planter. Die Solitair DT het die opsie om met presisie, kunsmis saam met die saad of afsonderlik te plaas. Die Solitair DT kan enige saad plant wat in kilogram per hektaar gemeet word, wat in grootte wissel van tefsaad tot sojabone.

Die eenheid se kilowatt behoeftes is verlaag en daar kan ook teen ‘n vinniger spoed geplant word. Die Solitair DT is beskikbaar in 4 m en 6 m en die 9 m-eenheid gaan by NAMPO 2024 besigtig kan word.

Die Solitair Dt is ten volle Isobus gereed en word ook toegerus met die IQ blue systeem.

Vind meer uit oor LEMKEN masjiene by Karel Munnik by (+27)82-412-2577 of k.munnik@lemken.com; of Blackie Swart by (+27)82-404-9651, of b.swart@lemken.com, of Wessel Vosloo by (+27)66 280 6564, of Gerrit Janse Van Rensburg by (+27)82 528 7881, of besoek www.lemken.com.

Besoek hulle ook gerus by vanjaar se NAMPO Oesdag, by standplaas A9/A8.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0