Categories: Artikels, Gewasproduksie, MeganisasiePublished On: 28th May 2026

Beskerm jou oes met TIMAGRI se betroubare veld- en boordspuite

By 2 min read
445 words

IMG_9674

TIMAGRI verstaan dat elke druppel tel wanneer dit kom by die beskerming van gewasse en die verhoging van opbrengste vir boere. Daarom bied hulle ’n reeks betroubare veld- en boordspuite wat ontwerp is om boere te help om peste, plae en siektes doeltreffend te beheer.

Met moderne tegnologie, presiese toediening en robuuste ontwerp maak TIMAGRI se spuite dit makliker om onnodige verliese te voorkom en gesonde, produktiewe gewasse te verseker. Of dit nou groot landerye of intensiewe boordverbouing is, TIMAGRI het die regte oplossing vir elke boer se behoeftes, want boerdery is die fondasie van lewe.

Tevrede boere is vir TIMAGRI  ’n riem onder die hart en daarom is kliëntediens ook baie belangrik vir dié maatskappy.

TIMAGRI se spuitreeks

TIMAGRI het vanjaar hul heel eerste NAMPO Oesdag bygewoon. Dries van der Merwe, eienaar van TIMAGRI, sê hulle fokus op spuite en het ’n volle reeks boord- en veldspuite in hul stal.

“Die 3 500 liter-spuit is veral gewild onder die graanboere en sitrusboere verkies die 4 000 liter-spuit,” sê Dries.

Hul balkspuitreeks beskikbaar in groottes van 600 liter, 800 liter, 1 000 liter, 1 200 liter en 2 000 liter. Die spuitbalke kom in verskillende lengtes, met die intreevlak wat 12 m lank is.

TIMAGRI verskaf ook gehaltekomponente soos sproeierkoppe, pompe, beheereenhede en meer.

TIMAGRI het die verskillende komponente wat boere op hul spuit kan monteer by NAMPO uitgestal.

Verskillende sproeierkoppe.

Statiese vogmeter

“Ons het ook ’n statiese vogmeter om by die silo’s te gebruik. As jy bale koop kan jy die vogmeter saamvat en die bale toets om seker te maak jy koop nie ’n baal wat dalk vrot gaan word nie of jy kan jou mielies voor strooptyd toets,” voeg Dries by.

Die Nova-stelsel

Dries vertel meer oor die Nova-stelsel wat op die boer se baalspuit gemonteer word. Die Nova is beskikbaar in 100 -, 110- en 200-stelsels.

Die Nova-beheerpaneel.

Die Nova-stelsels is ’n outomatiese stelsel wat koersbeheer vir jou spuite toepas, met ander woorde die spuitvermoë van jou spuit pas aan by die spoed waarteen jou trekker ry. Dus kry jy altyd egalige toediening in jou veld of boord wat jou tyd en geld spaar. Jou liters per hektaar sal ook onveranderd bly al ry jy vinniger of stadiger.

Die Nova 100 is vir balkspuite se veranderlike toedieningsfunksie (rate control), terwyl die Nova 110 vir boord-en wingerdspuite se veranderlike toedieningsfunksie is. Belangrike data soos toedieningshoeveelhede, spoed, druk, vloei en die area wat reeds bespuit is, word ook deur die Nova 100 en Nova 110 aangetoon.

Die grootste in die reeks is die Nova 200, wat toegerus is met outomatiese seksiebeheer om te verhoed dat daar areas is wat gemis of dubbeld gespuit word.

Besoek www.timagri.com vir meer inligting oor hul spuite of e-pos armand@timagri.com

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0